Marketing of animals

Marketing of livestock is a farming process that involves certain decisions. The age, weight and fertility of the animals and many other factors all play a role.  The main reason for marketing is economic: animals are sold for financial gain.  The financial side of marketing includes the use of a receipt book, cheque book, electronic fund transfers (EFTs), VAT invoice and other related matters. Most stock
farmers are conscientious with these aspects, but fail to realise that they may be contravening other legislation unrelated to the South African Revenue Service (SARS). Legislation regulating the marketing of livestock protects the owner and all role players in the red meat value chain to whom livestock is delivered. To this end, the Stock Theft Act (Act 57 of 1959) and the Animal Identification Act (Act 6 of 2002) were promulgated. Both acts are still in force. The acts deal with two specifi c aspects of the
marketing of livestock, namely the buying and selling, as well as the transport of animals – these are discussed briefly in this chapter.  Anyone trading in livestock has to be familiar with all relevant
legislation. This chapter deals with the main points of the legislation only and should not be regarded as comprehensive.

Bemarking van diere

Die bemarking van diere is ’n boerderyproses wat met bepaalde besluite gepaard gaan. Faktore soos die diere se ouderdom, gewig, geslag, vrugbaarheid en nog baie ander speel ’n rol. Die hoofrede is ekonomies: die diere word vir finansiële gewin verkoop. Die finansiële sy van bemarking sluit die gebruik van die kwitansieboek, tjekboek, elektroniese finansiële oorplasings, die BTW-faktuur en verwante aspekte in. Daarmee is die meeste vee-eienaars pligsgetrou, maar hulle besef nie dat hulle moontlik ander wetgewing oortree wat nie verband hou met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie. Wetgewing wat die bemarking van vee reguleer, beskerm die eienaar en alle rolspelers in die rooivleiswaardeketting aan wie die vee gelewer word. Hiervoor is die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) en die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) gepromulgeer. Albei is steeds van krag. Die wette hanteer twee spesifieke aspekte van die bemarking van vee, naamlik die koop en verkoop asook die vervoer van vee, wat in hierdie hoofstuk kortliks bespreek word. Enigeen wat met vee handel dryf, het die plig om op hoogte te wees van alle wetgewing daaroor. Die inhoud van hierdie hoofstuk behandel net die hooftrekke van die wetgewing en moet nie as omvattend beskou word nie.