Omheiningswet

Ingevolge die Omheiningswet is die volgende ’n misdryf:

  • As iemand ’n hek in ’n heining oopmaak en dit ooplaat of los laat bly, of as so ’n persoon ’n hek wat hy oop aantref as hy daar deurgaan, nie toe- en vasmaak nie (artikel 22).
  • As iemand deur of oor ’n hek of heining klim of kruip sonder die toestemming van die eienaar of huurder van die grond waarop dié heining of hek geleë is (artikel 23).
  • As iemand ’n hek of heining opsetlik beskadig of verwyder (artikel 24).

Vee-eienaars moet seker maak dat persone wat aangekla word van veediefstal ook aangekla word
van oortreding van die Omheiningswet.  Hulle kan ’n boete van hoogstens R50 of tronkstraf van drie maande opgelê word. Iemand wat aan ’n tweede of opeenvolgende oortreding skuldig is, kan tot tronkstraf sonder die keuse van ’n boete gevonnis word.