{"id":139,"date":"2016-07-31T10:30:30","date_gmt":"2016-07-31T09:30:30","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=139"},"modified":"2022-08-29T14:33:28","modified_gmt":"2022-08-29T13:33:28","slug":"sale-and-resale-of-livestock","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/bemarking-van-diere\/sale-and-resale-of-livestock\/","title":{"rendered":"Verkoop en herverkoop van diere"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"139\" class=\"elementor elementor-139\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-5c0aaea elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"5c0aaea\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9db7f3b\" data-id=\"9db7f3b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-327207e elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"327207e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Verkoop en herverkoop van diere<\/h2><h3>Identifikasie van diere\u00a0(artikel 6)<\/h3><p>Die bepalings van artikel 6 van die Wet\u00a0op Veediefstal en artikel 7(2) van die Wet\u00a0op die Identifikasie van Diere (verwys na\u00a0hoofstuk 1, bl 15) geld hier. Die bepalings\u00a0van die twee artikels moet saamgelees\u00a0word en vul mekaar aan by enige koop- en\u00a0verkooptransaksie.<\/p><h4>Wet op Veediefstal [artikel 6(1)]<\/h4><p>Enige persoon (met inbegrip van \u2019n\u00a0afslaer, agent of markmeester) wat vee\u00a0aan iemand anders verkoop, verruil,\u00a0gee of op \u2019n ander wyse van die hand\u00a0sit, moet ten tyde van die aflewering\u00a0aan daardie ander persoon van die vee\u00a0aldus verkoop, verruil, gegee of van die\u00a0hand gesit, aan daardie ander persoon \u2019n<br \/>dokument (hieronder \u2019n dokument van\u00a0identifikasie genoem) verstrek.<\/p><ul><li>Artikel 6 reguleer die identifikasiedokument\u00a0wat deur die verkoper van vee verstrek moet\u00a0word.<\/li><li>Die meeste transaksies vind plaas by lewendehawe-veilings, maar dit is ook van toepassing\u00a0waar vee uit die hand verkoop word.<\/li><li>Die wet sonder niemand uit nie. Almal is\u00a0ingesluit \u2013 afslaers, agente, voerkraalpersoneel\u00a0en die markmeester.<\/li><\/ul><h3>Vereistes waaraan identifikasiedokument\u00a0moet voldoen\u00a0[artikel 6(1)(a)]<\/h3><p>\u2019n Identifikasiedokument moet die volgende\u00a0inligting bevat:<\/p><ul><li>Volle naam en adres van die eienaar van die\u00a0vee.<\/li><li>Indien die vee namens iemand anders\u00a0verkoop, verruil, gegee of van die hand gesit\u00a0word, moet die naam en adres van daardie\u00a0ander persoon verskaf word.<\/li><li>Volle naam en adres van die persoon aan\u00a0wie die vee verkoop, verruil, gegee of van die\u00a0hand gesit word.<\/li><li>Datum waarop die vee verkoop, verruil,\u00a0gegee of van die hand gesit is.<\/li><li>Daar moet gesertifiseer word dat bedoelde\u00a0vee die betrokke persoon se eiendom is of\u00a0dat hy of sy behoorlik deur die eienaar van\u00a0die vee gemagtig is om daaroor te beskik.<\/li><li>Die verkoper mag nie net mondeling\u00a0aanvoer dat daar oor magtiging beskik word\u00a0om die vee te verhandel nie. Magtiging moet\u00a0eksplisiet en op skrif en in die persoon se\u00a0besit wees.<\/li><li>Die datum van die magtiging moet resent\u00a0wees. \u2019n Magtiging wat verouderd is, mag\u00a0nie aangebied word nie.<\/li><\/ul><p>Ingevolge die Wet op Veediefstal moet so \u2019n\u00a0identifikasiedokument die volgende besonderhede\u00a0van die vee bevat:<\/p><ul><li>die ras of tipe vee<\/li><li>die aantal verkoop<\/li><li>die brandmerk, tatoe\u00ebermerk of enige ander\u00a0identifikasiemerk<\/li><li>die geslag, getal en kleur van die vee indien\u00a0die vee nie op die voorgeskrewe wyse\u00a0gemerk is nie, of die merk nie geregistreer is\u00a0kragtens enige wetgewing nie.<\/li><\/ul><p>Die vergunning ten opsigte van ongemerkte\u00a0vee is slegs van toepassing as die betrokke\u00a0vee ingevolge die Wet op die Identifikasie van\u00a0Diere nie gemerk hoef te wees nie.<\/p><h4>Verpligting op persoon wat vee\u00a0ontvang [artikel 6(2)]<\/h4><p>Die persoon wat die vee verkry, mag nie die vee\u00a0ontvang sonder om die identifikasiedokument\u00a0ten tyde van die aflewering te verkry nie. Indien\u00a0iemand die vee ontvang sonder die dokument,\u00a0is so \u2019n persoon aan \u2019n misdryf skuldig.<\/p><h4>Bewaring van identifikasiedokument<\/h4><p>Die persoon aan wie \u2019n identifikasiedokument\u00a0uitgereik is, moet daardie dokument vir \u2019n\u00a0tydperk van minstens een jaar behou. Indien\u00a0iemand dit binne die tydperk van een jaar wil\u00a0sien, moet die besitter van die identifikasiedokument\u00a0dit ter insae beskikbaar stel of\u00a0voorl\u00ea aan die persoon wat dit eis.<\/p><h4>Wie het almal \u2019n verpligting?<br \/>Wet op Veediefstal (artikel 6)<\/h4><p>Iemand wat aan \u2019n afslaer, agent of\u00a0markmeester vee lewer om te verkoop\u00a0of op \u2019n ander wyse van die hand gesit\u00a0te word, word, by die toepassing van\u00a0hierdie artikel, geag daardie vee aan\u00a0bedoelde afslaer, agent of markmeester\u00a0van die hand te gesit het.<\/p><p>Iemand wat vee aan \u2019n afslaer lewer om dit te\u00a0verkoop of andersins van die hand te sit, moet\u00a0\u2019n identifikasiedokument aan sodanige afslaer,\u00a0agent of markmeester verskaf. In wese beteken\u00a0dit dat die eienaarskap indirek oorgaan na die\u00a0afslaer, agent of markmeester; as sodanig is die\u00a0afslaer, agent of markmeester dan daarvoor\u00a0verantwoordelik om \u2019n identifikasiedokument\u00a0aan die nuwe eienaar uit te reik.<\/p><h4>Oortredings ingevolge artikel 6<\/h4><p>Enige persoon wat \u2019n bepaling van die wet\u00a0oortree, versuim om die dokument op versoek\u00a0beskikbaar te stel of opsetlik valse inligting in\u00a0die identifikasiedokument verstrek, is aan \u2019n\u00a0misdryf skuldig.<\/p><p>Om die belangrikheid van die toepassing\u00a0van artikel 6 te demonstreer, word die\u00a0volgende bevindinge aangehaal uit die saak\u00a0Crots v Pretorius (A61\/2008) [2008] ZAFSHC\u00a0146 (29 November 2008):<\/p><p><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-142\" src=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Selling-300x267.jpg\" sizes=\"(max-width: 266px) 100vw, 266px\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Selling-300x267.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Selling.jpg 344w\" alt=\"Selling\" width=\"266\" height=\"237\" \/>\u201cAlhoewel respondent \u2019n ervare veespekulant\u00a0is, het hy geen voorskrif van die Wet op\u00a0Veediefstal, no 57 van 1959 met betrekking\u00a0tot voorgeskrewe dokumente vir \u2019n veetransaksie,\u00a0nagekom nie:<\/p><p>\u201cHy het aflewering van die vee wat hy\u00a0aangekoop het, aanvaar sonder dat hy in\u00a0besit geplaas is van \u2019n identifikasiedokument\u00a0wat deur die eienaar van die vee uitgereik\u00a0is en waarin die identiteit van die eienaar,\u00a0die vee, die koper en besonderhede van die\u00a0veetransaksie vermeld word; en het dus die<br \/>bepalings van artikel 6(2) gelees met artikel\u00a06(1) van die Veediefstalwet oortree;<\/p><p>\u201cHy het die vee aan Country Meat Slagpale\u00a0verkoop, gelewer en laat slag sonder om\u00a0ten tyde van die aflewering van die vee \u2019n\u00a0identifikasiedokument te verstrek en het\u00a0dus die bepalings van artikel 6(1) van die\u00a0Veediefstalwet oortree\u201d.<\/p><h4>Herverkoop van vee\u00a0Wet op die Identifikasie van Diere\u00a0[artikel 7(2)]<\/h4><p>Niemand mag \u2013<\/p><p>(a) binne 14 dae na die datum waarop\u00a0hy of sy die eienaar word van \u2018n dier\u00a0met \u2018n identifikasiemerk, daardie\u00a0dier verkoop, ruil, weggee of op enige\u00a0ander wyse daaroor beskik aan \u2018n ander\u00a0persoon nie, tensy hy of sy aan\u00a0die persoon wat daardie dier verkry\u00a0\u2018n identifikasiedokument verskaf; of<\/p><p>(b) na 14 dae vanaf die datum waarop\u00a0hy of sy die eienaar van \u2019n dier\u00a0word, daardie dier verkoop, ruil,<br \/>weggee of op enige ander wyse\u00a0daaroor\u00a0beskik nie, tensy \u2013<\/p><p>(i) sodanige dier op die voorgeskrewe\u00a0wyse gemerk is met\u00a0die identifikasiemerk van die\u00a0eienaar wat daardie dier van die\u00a0hand sit; en<\/p><p>(ii) hy of sy aan die persoon wat\u00a0daardie dier verkry \u2019n identifikasiedokument\u00a0verskaf.<\/p><ul><li>Enige eienaar van \u2019n dier met \u2019n identifikasiemerk\u00a0wat die dier binne 14 dae nadat\u00a0die persoon die eienaar geword het, wil\u00a0verkoop, ruil of weggee, moet die nuwe eienaar\u00a0van \u2019n identifikasiedokument voorsien.<\/li><li>Dit beteken dat die dier binne 14 dae\u00a0weggemaak kan word sonder dat dit met\u00a0die nuwe eienaar se merk gemerk is, omdat\u00a0dit reeds die vorige eienaar se merk op het\u00a0en \u2019n identifikasiedokument uitgereik is.<\/li><li>Iemand wat \u2019n dier n\u00e1 14 dae nadat di\u00e9\u00a0persoon die eienaar van so \u2019n dier geword\u00a0het, wil verkoop, ruil of weggee, moet hulle\u00a0eie merk op die dier aanbring voordat hulle\u00a0daarvan ontslae raak.<\/li><li>Die eienaar moet ook die nuwe eienaar van\u00a0\u2019n identifikasiedokument voorsien, wat die\u00a0nuwe eienaar vir \u2019n periode van een jaar\u00a0moet hou.<\/li><li>Daar kan nie n\u00e1 14 dae van s\u00f3 \u2019n dier\u00a0ontslae geraak word sonder dat die nuwe\u00a0eienaar se identifikasiemerk op die dier\u00a0aangebring is en \u2019n identifikasiedokument\u00a0uitgereik is nie.<\/li><\/ul><h3>Van wie mag vee\u00a0aangekoop word?<\/h3><h4>Wet op Veediefstal (artikel 7)<\/h4><p>Verkryging van vee of produkte van persone\u00a0wie se woonplekke onbekend is.<\/p><p>Iemand wat op enige wyse (behalwe\u00a0by \u2019n openbare verkoping) vee of\u00a0produkte verkry of in sy besit ontvang,\u00a0of \u2019n afslaer, agent of markmeester\u00a0wat vee of produkte vir verkoop in\u00a0sy besit ontvang, van enige persoon\u00a0wat nie \u2019n bekende woonplek het nie,\u00a0sonder om ten tyde van die lewering\u00a0aan hom van daardie vee of produkte\u00a0\u2019n sertifikaat, binne 30 dae voor die\u00a0lewering uitgereik, te verkry.<\/p><ul><li>Hierdie artikel van die Wet op Veediefstal\u00a0maak dit duidelik dat indien vee op enige\u00a0manier verhandel word, die aankoper\u00a0moet verseker dat die woonadres van die\u00a0verkoper bekend is.<\/li><li>Die bepaling is nie van toepassing indien vee\u00a0by \u2019n openbare veiling aangekoop is nie. Die\u00a0rede vir hierdie bepaling is dat die afslaer of\u00a0agent reeds moes verseker het dat bewys\u00a0van die persoon se woonadres verskaf is.<\/li><li>Die wet verduidelik al die vereistes waaraan\u00a0hierdie bewys van adres moet voldoen, ook\u00a0in die geval van persone wat in kommunale\u00a0gebiede woonagtig is.<\/li><\/ul><h3>Verwyderingsertifikaat<\/h3><p>Artikel 8 reguleer die dryf, vervoer of transportering\u00a0van vee of produkte op of langs\u00a0openbare paaie.<\/p><p>Niemand mag vee of produkte waarvan\u00a0hy nie die eienaar is nie, op of\u00a0langs \u2019n publieke pad dryf, vervoer of\u00a0transporteer\u00a0nie tensy hy in besit is\u00a0van \u2019n sertifikaat (hieronder \u2019n verwyderingsertifikaat\u00a0genoem) wat deur\u00a0die eienaar van daardie vee of produkte\u00a0of die behoorlik gemagtigde agent\u00a0van die eienaar aan hom uitgereik is.<\/p><p>Niemand mag enige vee of produkte wat nie\u00a0aan hulle behoort, op of langs enige openbare\u00a0pad aanjaag, aanry of vervoer sonder\u00a0\u2019n verwyderingsertifikaat wat aan hulle\u00a0uitgereik is deur die eienaar van die vee of\u00a0produkte of die behoorlik gemagtigde agent\u00a0van die eienaar nie.<br \/>Eienaar van vee\u00a0Eienaar beteken ook iemand wat vee of\u00a0produkte verkry het uit \u2019n koopooreenkoms,<br \/>maar wat nie die eienaar van daardie vee of\u00a0produkte word bloot omdat dit aan hulle\u00a0gelewer is nie.<\/p><h4>Vereistes waaraan verwyderingsertifikaat\u00a0moet voldoen\u00a0[artikel 8(1)(c)]<\/h4><p>Die verwyderingsertifikaat moet die volgende\u00a0inligting bevat:<\/p><ul><li>naam en adres van persoon wat die sertifikaat\u00a0uitgereik het\u00a0\u2019n identifikasiedokument voorsien, wat die\u00a0nuwe eienaar vir \u2019n periode van een jaar\u00a0moet hou.<\/li><li>Daar kan nie n\u00e1 14 dae van s\u00f3 \u2019n dier\u00a0ontslae geraak word sonder dat die nuwe\u00a0eienaar se identifikasiemerk op die dier\u00a0aangebring is en \u2019n identifikasiedokument\u00a0uitgereik is nie.<\/li><\/ul><h3>Van wie mag vee\u00a0aangekoop word?<br \/>Wet op Veediefstal (artikel 7)<\/h3><p>Verkryging van vee of produkte van persone\u00a0wie se woonplekke onbekend is.<\/p><p>Iemand wat op enige wyse (behalwe\u00a0by \u2019n openbare verkoping) vee of\u00a0produkte verkry of in sy besit ontvang,\u00a0of \u2019n afslaer, agent of markmeester\u00a0wat vee of produkte vir verkoop in\u00a0sy besit ontvang, van enige persoon\u00a0wat nie \u2019n bekende woonplek het nie,\u00a0sonder om ten tyde van die lewering\u00a0aan hom van daardie vee of produkte\u00a0\u2019n sertifikaat, binne 30 dae voor die\u00a0lewering uitgereik, te verkry.<\/p><ul><li>Hierdie artikel van die Wet op Veediefstal\u00a0maak dit duidelik dat indien vee op enige\u00a0manier verhandel word, die aankoper\u00a0moet verseker dat die woonadres van die\u00a0verkoper bekend is.<\/li><li>Die bepaling is nie van toepassing indien vee\u00a0by \u2019n openbare veiling aangekoop is nie. Die\u00a0rede vir hierdie bepaling is dat die afslaer of\u00a0agent reeds moes verseker het dat bewys\u00a0van die persoon se woonadres verskaf is.<\/li><li>Die wet verduidelik al die vereistes waaraan\u00a0hierdie bewys van adres moet voldoen, ook\u00a0in die geval van persone wat in kommunale\u00a0gebiede woonagtig is.<\/li><\/ul><h3>Verwyderingsertifikaat<\/h3><p>Artikel 8 reguleer die dryf, vervoer of transportering\u00a0van vee of produkte op of langs\u00a0openbare paaie.<\/p><p>Niemand mag vee of produkte waarvan\u00a0hy nie die eienaar is nie, op of\u00a0langs \u2019n publieke pad dryf, vervoer of\u00a0transporteer\u00a0nie tensy hy in besit is\u00a0van \u2019n sertifikaat (hieronder \u2019n verwyderingsertifikaat\u00a0genoem) wat deur\u00a0die eienaar van daardie vee of produkte\u00a0of die behoorlik gemagtigde agent\u00a0van die eienaar aan hom uitgereik is.<\/p><p>Niemand mag enige vee of produkte wat nie\u00a0aan hulle behoort, op of langs enige openbare\u00a0pad aanjaag, aanry of vervoer sonder\u00a0\u2019n verwyderingsertifikaat wat aan hulle\u00a0uitgereik is deur die eienaar van die vee of\u00a0produkte of die behoorlik gemagtigde agent\u00a0van die eienaar nie.<br \/>Eienaar van vee\u00a0Eienaar beteken ook iemand wat vee of\u00a0produkte verkry het uit \u2019n koopooreenkoms,<br \/>maar wat nie die eienaar van daardie vee of\u00a0produkte word bloot omdat dit aan hulle\u00a0gelewer is nie.<\/p><h4>Vereistes waaraan verwyderingsertifikaat\u00a0moet voldoen\u00a0[artikel 8(1)(c)]<\/h4><p>Die verwyderingsertifikaat moet die volgende\u00a0inligting bevat:<\/p><ul><li>naam en adres van persoon wat die sertifikaat\u00a0uitgereik het\u00a0naam en adres van eienaar van die vee of\u00a0produkte<\/li><li>plek waarvandaan en plek waarheen\u00a0daardie vee of produkte gedryf, vervoer of\u00a0getransporteer word<\/li><li>naam van drywer, vervoerder of transporteerder<\/li><li>datum van uitreiking van sertifikaat en indien\u00a0van toepassing, die registrasienommer,\u00a0model en fabrikaat van die voertuig\u00a0waarmee die vee of produkte vervoer of\u00a0getransporteer word.<\/li><\/ul><p>Ingevolge die Wet op Veediefstal moet so \u2019n\u00a0verwyderingsertifikaat in die praktyk die\u00a0volgende besonderhede van die vee bevat:<\/p><ul><li>die ras of tipe vee<\/li><li>die aantal van die hand gesit en die\u00a0brandmerk, tatoe\u00ebermerk of enige ander\u00a0identifikasiemerk<\/li><li>die geslag, aantal en kleur van die vee\u00a0indien dit nie op die voorgeskrewe wyse\u00a0gemerk is nie of die merk nie geregistreer\u00a0is kragtens enige wetgewing nie.<\/li><\/ul><h4>Uitsonderings<\/h4><p>Die bepalings is nie van toepassing op vee of\u00a0produkte wat met die toestemming van die\u00a0eienaar daarvan of \u2019n behoorlik gemagtigde\u00a0agent aangejaag of vervoer word op of langs \u2019n\u00a0deel van \u2019n openbare pad wat gaan oor grond\u00a0wat aan die eienaar of agent behoort of wat\u00a0deur di\u00e9 persoon geokkupeer word nie.<\/p><p>\u2019n Eienaar van vee of produkte mag nie \u2019n\u00a0ander persoon toelaat om vee of produkte\u00a0op of langs \u2019n openbare pad te laat aanjaag\u00a0of vervoer sonder om aan di\u00e9 persoon \u2019n\u00a0verwyderingsertifikaat te verskaf nie.<\/p><h4>Bewaring en beskikbaarstelling\u00a0van verwyderingsertifikaat<\/h4><p>Die persoon aan wie so \u2019n verwyderingsertifikaat\u00a0uitgereik is, moet daardie dokument\u00a0vir \u2019n tydperk van minstens een jaar in besit\u00a0hou. Die besitter van so \u2019n dokument moet\u00a0dit binne die eenjaartydperk op versoek ter\u00a0insae beskikbaar stel of voorl\u00ea aan die persoon\u00a0wat dit eis.<\/p><h4>Oortredings ingevolge artikel 8<\/h4><p>Iemand wat vee sonder \u2019n verwyderingsertifikaat\u00a0dryf of vervoer, asook die eienaar wat\u00a0dit toelaat, pleeg \u2019n misdryf.<\/p><p>Enige persoon wat \u2019n bepaling van die\u00a0wet oortree, versuim om die verwyderingsertifikaat\u00a0op versoek beskikbaar te stel,\u00a0opsetlik vals inligting in die verwyderingsertifikaat\u00a0verstrek of valslik verklaar dat\u00a0hulle die eienaar is van vee of produkte wat\u00a0hulle op of langs \u2019n publieke pad dryf, vervoer\u00a0of transporteer, is aan\u00a0\u2019n misdryf skuldig.<\/p><h3>Samevatting<\/h3><p>Die bepalings van artikels\u00a06 en 8 van die Wet op Veediefstal\u00a0het \u2019n bepaalde doelwit in die rooivleisbedryf,<br \/>naamlik om veediefstal\u00a0te verminder en tot die minimum te\u00a0beperk. Die wet is egter nie beperk tot\u00a0hierdie twee artikels nie en produsente\u00a0word aangeraai om dit in geheel te\u00a0bestudeer, insluitend die artikels wat\u00a0handel oor aspekte soos betreding.<\/p><p>Laai u verwyderingssertifikaat voorbeeld\u00a0<a href=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/verwyderingssertifikaat.jpg\">HIER<\/a>\u00a0af<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sale and resale of livestock Identification of animals (section 6) The stipulations of section 6 of the Stock Theft Act and section 7(2) of the Animal Identification Act (see Chapter 1, p. 15) refer. The stipulations of these two sections should be read together as they complement each other in any buying and selling transaction. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":31,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-139","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/139","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=139"}],"version-history":[{"count":14,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/139\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":939,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/139\/revisions\/939"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/31"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=139"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}