{"id":227,"date":"2016-07-31T13:20:50","date_gmt":"2016-07-31T12:20:50","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=227"},"modified":"2022-08-29T15:04:47","modified_gmt":"2022-08-29T14:04:47","slug":"appearing-in-court","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/strafregstelsel\/appearing-in-court\/","title":{"rendered":"Verskyn in die hof"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"227\" class=\"elementor elementor-227\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-66826c2 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"66826c2\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-7f157b1\" data-id=\"7f157b1\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-b9b2814 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"b9b2814\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Verskyning in die hof<\/h2><p>Om \u2019n getuie te wees, is dapper. Dit sal\u00a0die polisie en die vervolging help om te\u00a0verseker dat geregtigheid geskied. Die\u00a0polisie sal jou skriftelik inlig om in die\u00a0hof te verskyn. Die meeste sake word in\u00a0die landdroshowe gehanteer, maar die\u00a0ernstiger misdrywe gaan na die streekhof\u00a0of die hooggeregshof.<\/p><p>Indien jy nie weet waar die verhoor gaan\u00a0plaasvind nie, doen navraag by die hulp-,\u00a0inligting- of adviestoonbank om uit te\u00a0vind in watter hofsaal die verrigtinge gaan\u00a0plaasvind. Dit is \u2019n misdryf as jy nie aan die\u00a0getuiedagvaarding gehoor gee nie en kan lei\u00a0tot arrestasie.<\/p><p>As jy vrae of inligting het, gee dit vir die\u00a0aanklaer voordat jy in die hof moet getuig.\u00a0Op die dag van die verhoor sal daar dalk nie\u00a0tyd wees nie.<br \/>Laat weet die aanklaer wanneer jy by\u00a0die hof aankom. Jy kan enige tyd vra om\u00a0jou verklaring weer te lees voor jy moet\u00a0getuig. Bly by die hof totdat jy getuig het of\u00a0verskoon word. Moenie die hofgebou sonder<br \/>die toestemming van die voorsittende\u00a0beampte verlaat nie. Die aanklaer sal jou\u00a0help om toestemming te kry.<\/p><p>\u2019n Getuie mag nie in die hofsaal wees\u00a0voordat hy of sy geroep word om te getuig\u00a0nie. As iemand probeer om die saak met jou\u00a0te bespreek, s\u00ea dit vir die ondersoekbeampte\u00a0of aanklaer. Moenie die saak met enigiemand\u00a0bespreek nie, behalwe die aanklaer of die\u00a0mediese dokter of sielkundige wat met die\u00a0saak help. Nadat jy getuig het, kan jy die res\u00a0van die verrigtinge bywoon.<\/p><p>Die wet maak vir die volgende voorsiening\u00a0wanneer jy getuienis lewer:<\/p><ul><li>In sekere omstandighede kan jy deur\u00a0middel van geslotebaantelevisie getuig\u00a0(dit beteken die getuie is nie in die hof in\u00a0teenwoordigheid van die beskuldigde nie,\u00a0maar in \u2019n ander vertrek).<\/li><li>Indien die getuie jonger as 18 is en as\u00a0die voorsittende beampte (die landdros\u00a0of regter) van mening is dat die getuie\u00a0onredelike geestelike spanning of lyding\u00a0sal ondervind deur tydens die verhoor te<br \/>getuig, kan die getuie deur \u2019n tussenganger\u00a0bygestaan word en deur middel van\u00a0geslotebaantelevisie getuienis lewer.<\/li><li>Verrigtinge kan in sekere omstandighede\u00a0in camera (agter geslote deure) plaasvind.<\/li><\/ul><h5>Dreigemente en intimidasie<\/h5><p>Dit is onwettig om enigiemand te dreig of\u00a0bang te maak. As dit met jou gebeur, s\u00ea dit\u00a0vir die ondersoekbeampte of die aanklaer.\u00a0Dit is onwettig as iemand, insluitende\u00a0familielede, jou dwing of oorreed om nie \u2019n\u00a0getuie te wees nie.<\/p><h5>Uitgawes<\/h5><p>Party uitgawes kan terugge\u00ebis word,\u00a0byvoorbeeld reiskoste. Vra die aanklaer om\u00a0\u2019n vorm te voltooi nadat jy getuig het. \u00a0In die getuiebank\u00a0Om vir die eerste keer in\u00a0die hof te getuig, kan \u2019n\u00a0onaangename ervaring<br \/>wees en voorbereiding is\u00a0noodsaaklik. Daar is \u2019n\u00a0paar basiese wenke wat\u00a0jy kan toepas wat jou beter kan toerus vir wanneer jy in die getuiebank moet staan.<\/p><ul><li>Wanneer jy die eed afl\u00ea, kyk na die\u00a0voorsittende beampte en s\u00ea met \u2019n\u00a0duidelike stem \u201cso help my God\u201d. In plaas\u00a0daarvan kan jy ook s\u00ea \u201cEk sal die waarheid,\u00a0die volle waarheid en niks anders nie as<br \/>die waarheid praat\u201d. Dit word \u2019n plegtige\u00a0verklaring genoem.<\/li><li>Terwyl jy getuig, moet jy staan, maar jy\u00a0kan vra om te sit. Praat hard en duidelik.<\/li><li>Luister mooi na die vraag. Maak seker dat\u00a0jy dit verstaan, of vra dat dit verduidelik\u00a0word. Kyk na die persoon wanneer jy\u00a0antwoord, en beantwoord net die vraag\u00a0wat gevra word.<\/li><li>Moenie jou kop skud om ja of nee aan te\u00a0dui nie. Gebruik woorde om elke vraag te\u00a0beantwoord.<\/li><li>As die aanklaer of die prokureur\u00a0beswaar maak, hou op praat. Wag tot die \u00a0voorsittende beampte oor die beswaar\u00a0besluit, en gaan voort wanneer hy so s\u00ea.<\/li><li>As jy \u2019n vraag nie wil beantwoord nie,\u00a0moenie vir die voorsittende beampte vra\u00a0of jy dit moet beantwoord nie. As dit \u2019n\u00a0onbehoorlike vraag is, sal die aanklaer\u00a0beswaar maak. As die aanklaer dit nie\u00a0doen nie, moet jy die vraag beantwoord,\u00a0of die hof sal die prokureur stop.<\/li><li>Moenie in \u2019n woordewisseling betrokke\u00a0raak of jou humeur verloor nie. Dit sal nie\u00a0help nie.<\/li><li>As jy \u2019n fout maak, erken dit. Niemand sal\u00a0dit teen jou hou nie, maar hulle sal dit wel\u00a0doen as hulle dink jy vertel \u2019n leuen.<\/li><li>Ken jou feite, maar moenie jou getuienis\u00a0ops\u00ea asof jy dit gememoriseer het nie,\u00a0want jy kan dalk deurmekaar raak as die\u00a0vrae nie in dieselfde volgorde gevra word\u00a0nie.<\/li><li>Jy kan s\u00ea \u201cek kan nie onthou nie\u201d as jy van\u00a0die besonderhede vergeet het.<\/li><li>As \u2019n vraag herhaal word, gee dieselfde\u00a0antwoord as voorheen.<\/li><li>Die heel belangrikste is dat jy \u2019n eed of\u00a0plegtige verklaring afgel\u00ea het om die\u00a0waarheid te praat. As jy betrap word dat jy\u00a0nie die waarheid praat nie, kan jy vervolg\u00a0word. Dit maak ook jou getuienis verdag\u00a0en kan veroorsaak dat \u2019n misdadiger\u00a0loskom.<\/li><\/ul><p>Wat gebeur in die hof?<\/p><p>Die volgende mense sal teenwoordig wees\u00a0in die hof: voorsittende beampte, assessor,\u00a0getuie, klerk van die hof, hofordonnans,\u00a0aanklaer, prokureur, tolk, beskuldigde,\u00a0publiek.<\/p><h5>Borgtog<\/h5><p>Wanneer \u2019n gearresteerde\u00a0persoon vir die eerste keer\u00a0voor die hof gebring word,\u00a0moet die voorsittende<br \/>beampte besluit of hy of sy\u00a0op borgtog vrygelaat kan\u00a0word. As die slagoffer van\u00a0die misdaad bang is dat die beskuldigde op\u00a0borgtog vrygelaat kan word, moet hy of sy\u00a0redes aan die aanklaer of ondersoekbeampte\u00a0verstrek. \u00a0In \u2018n veediefstalsaak kan die slagoffer deur\u00a0persone binne georganiseerde landbou\u00a0ondersteun word.<\/p><p>As die beskuldigde op borgtog vrygelaat is en op enige manier met die slagoffer\u00a0in aanraking kom, moet die slagoffer die\u00a0aanklaer of ondersoekbeampte daarvan in\u00a0kennis stel.<\/p><p>Tydens die borgaansoek sal die landdros\u00a0dalk nog getuienis wil aanhoor. Die hof\u00a0moet besluit of borg toegestaan moet word\u00a0al dan nie.<\/p><h5>Pleit<\/h5><p>Aan die begin van \u2019n verhoor word die\u00a0beskuldigde deur die aanklaer ingelig\u00a0waarvan hy of sy aangekla word. Die\u00a0beskuldigde pleit dan skuldig of onskuldig\u00a0op die aanklag. As die beskuldigde onskuldig\u00a0pleit, moet die saak verhoor word.<\/p><h4>Die staat se saak<\/h4><p>Tydens die verhoor roep die aanklaer die\u00a0getuie om te getuig. Die aanklaer lei die\u00a0getuie sodat hy of sy niks belangriks uitlaat\u00a0nie. \u2019n Getuie kan enige van die volgende\u00a0wees:<\/p><ul><li>die slagoffer<\/li><li>iemand anders wat weet wat gebeur het of\u00a0iets oor die misdaad weet<\/li><li>die polisiebeampte, forensiese deskundige\u00a0of ander deskundiges.<\/li><\/ul><h4>Kruisondervraging<\/h4><p>Nadat elke getuie getuig het, kan die beskuldigde\u00a0of sy prokureur vrae aan die getuie\u00a0stel. Die doel is om te toets of die getuie\u00a0se getuienis korrek is. Dit bied ook aan die\u00a0beskuldigde of sy prokureur \u2019n kans om sy\u00a0of haar weergawe van die gebeure aan die\u00a0getuie te stel.<\/p><p>Die prokureur van die beskuldigde\u00a0kan ook vrae aan die getuie stel. Hy of sy\u00a0beskerm die regte van die beskuldigde.<\/p><p>Die prokureur kan onvriendelik teenoor\u00a0jou wees en kan moeilike vrae aan jou stel. \u00a0Probeer kalm bly en vertel die waarheid\u00a0selfs al moet jy jouself herhaal.<\/p><h5>Die beskuldigde se saak<\/h5><p>Na die staat se saak kan die beskuldigde\u00a0of sy prokureur die hof versoek om die\u00a0beskuldigde te ontslaan. Dit gebeur as hulle\u00a0voel die aanklaer het nie die saak teen die\u00a0beskuldigde bewys nie.<\/p><p>Die voorsittende beampte moet besluit\u00a0om die beskuldigde te ontslaan of met die\u00a0saak voort te gaan. As die beskuldigde nie\u00a0ontslaan word nie, gaan die saak aan.<\/p><p>Die prokureur bied getuienis aan en roep\u00a0getuies, wat die beskuldigde kan insluit. \u00a0Die verdediging sal probeer om sy kli\u00ebnt se\u00a0onskuld te bewys deur leemtes in die staat\u00a0(aanklaer) se saak te skep. Hulle wil bewys\u00a0dat die staat se bewerings nie waar is nie of\u00a0onvoldoende is om die beskuldigde skuldig\u00a0te bevind.<\/p><p>Die aanklaer kan nou vrae stel aan enige\u00a0van die verdediging se getuies. Dit sluit die\u00a0beskuldigde in.<\/p><h5>Betoog<\/h5><p>In die betoog sal die aanklaer die saak\u00a0opsom en beredeneer. Hy of sy gee redes\u00a0hoekom die beskuldigde skuldig bevind\u00a0moet word. Die beskuldigde of sy prokureur\u00a0kry ook \u2019n kans om die hof toe te spreek om<br \/>die beskuldigde onskuldig te bevind.<\/p><h5>Uitspraak<\/h5><p>Die hof besluit of die beskuldigde skuldig\u00a0is. As die beskuldigde skuldig bevind\u00a0word, het die aanklaer sy skuld \u201cbo\u00a0redelike twyfel\u201d bewys. As die beskuldigde\u00a0onskuldig bevind word, is dit omdat die\u00a0voorsittende beampte bevind het dat daar\u00a0nie genoeg bewyse is om die beskuldigde\u00a0skuldig te bevind nie. As daar twyfel is,\u00a0moet die hof die beskuldigde ontslaan, wat\u00a0beteken dat hy of sy vry kan uitstap.<\/p><h5>Die vonnis<\/h5><p>Wanneer die beskuldigde skuldig bevind\u00a0is, moet die voorsittende beampte oor \u2019n\u00a0gepaste vonnis besluit. Sowel die aanklaer\u00a0as die verdediging kan in hierdie stadium\u00a0getuies roep.<\/p><p><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-514\" src=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/beskuldige-204x300.jpg\" sizes=\"(max-width: 168px) 100vw, 168px\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/beskuldige-204x300.jpg 204w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/beskuldige.jpg 386w\" alt=\"beskuldige\" width=\"168\" height=\"247\" \/>Die aanklaer kan praat oor hoe erg die\u00a0misdaad was en hoe dit die gemeenskap en\u00a0die slagoffer getref het, en kan selfs getuies\u00a0roep. Die aanklaer kan ook vra dat die klaer\u00a0vergoed word as hy of sy skade gely het as\u00a0gevolg van die misdaad. Die klaer moet die\u00a0aanklaer vra om vir \u2019n vergoedingsbevel\u00a0aansoek te doen voor die beskuldigde\u00a0gevonnis word.<\/p><p>Indien jy van mening is dat die vonnis\u00a0te toegeeflik is, kan jy dit met die senior of\u00a0beheeraanklaer \u00a0bespreek, wat kan besluit\u00a0om dit onder die aandag van die betrokke\u00a0direkteur van Openbare Vervolging te\u00a0bring. Die direkteur van Openbare Vervolging\u00a0kan teen die vonnis appelleer. Die\u00a0app\u00e8l moet binne \u2019n vasgestelde tydperk\u00a0aangeteken word.<\/p><p>\u2019n Beskuldigde kan appelleer teen \u2019n\u00a0skuldigbevinding of die vonnis wat die\u00a0hof opgel\u00ea het. Indien \u2019n app\u00e8l aangeteken\u00a0word, kan die aanklaer in die oorspronklike\u00a0saak, of die staatsadvokaat wat die app\u00e8l\u00a0hanteer, versoek word om op hoogte gehou\u00a0te word van verdere ontwikkelings in die\u00a0saak, byvoorbeeld die datum wat bepaal\u00a0is vir die app\u00e8lverhoor, of borgtog aan die\u00a0beskuldigde toegestaan is, en die uitslag van\u00a0die app\u00e8l.<\/p><p>Indien daar besorgdheid bestaan\u00a0oor die slagoffer se veiligheid of di\u00e9\u00a0van \u2019n staatsgetuie, sal die polisie, die\u00a0aanklaer of \u2019n verteenwoordiger van die\u00a0getuiebeskermingseenheid die slagoffer\u00a0kan adviseer oor wat gedoen kan word vir\u00a0beskerming.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskyning in die hof Om \u2019n getuie te wees, is dapper. Dit sal\u00a0die polisie en die vervolging help om te\u00a0verseker dat geregtigheid geskied. Die\u00a0polisie sal jou skriftelik inlig om in die\u00a0hof te verskyn. Die meeste sake word in\u00a0die landdroshowe gehanteer, maar die\u00a0ernstiger misdrywe gaan na die streekhof\u00a0of die hooggeregshof. Indien jy nie weet waar die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":34,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-227","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=227"}],"version-history":[{"count":16,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/227\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1005,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/227\/revisions\/1005"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/34"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}