{"id":236,"date":"2016-07-31T13:26:57","date_gmt":"2016-07-31T12:26:57","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=236"},"modified":"2022-08-29T15:08:47","modified_gmt":"2022-08-29T14:08:47","slug":"parole-boards","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/strafregstelsel\/parole-boards\/","title":{"rendered":"Paroolrade"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"236\" class=\"elementor elementor-236\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-24607f1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"24607f1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9f36939\" data-id=\"9f36939\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7e32db8 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"7e32db8\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Paroolrade<\/h2><p>\u2018n Slagoffer van veediefstal het die reg om\u00a0teenwoordig te wees by die paroolraadsitting\u00a0wanneer die moontlike vrylating van \u2018n\u00a0oortreder oorweeg word.<\/p><p>Die Departement van Korrektiewe\u00a0Dienste\u00a0het prosedures ontwikkel om\u00a0die betrokkenheid van\u00a0slagoffers\u00a0by die paroolraadsitting\u00a0te vergemaklik\u00a0en aan te moedig\u00a0wanneer die moontlike\u00a0vrylating van oortreders\u00a0oorweeg word.<\/p><p>\u2018n Slagoffer mag \u00f3f \u2018n\u00a0paroolraadsitting bywoon\u00a0wanneer die moontlike\u00a0plasing van \u2019n oortreder\u00a0op parool of onder korrektiewe\u00a0toesig oorweeg\u00a0word \u00f3f versoek dat die\u00a0paroolraad \u2018n geskrewe\u00a0verto\u00eb oorweeg. Die raad\u00a0mag bandopnames en ander vorms van verto\u00eb\u00a0oorweeg.<\/p><p>\u2018n Slagoffer mag ook versoek om ingelig\u00a0te word oor die ontwikkelingsprogramme\u00a0wat die oortreder ondergaan het of steeds\u00a0ondergaan om sy of haar gedrag te verbeter. \u00a0So \u2018n versoek mag slegs toegestaan word\u00a0as die oortreder geskrewe toestemming in\u00a0hierdie verband gegee het.<\/p><p>Indien slagoffers betrokke wil raak by\u00a0die paroolraadsitting, moet die betrokke\u00a0paroolraad skriftelik ingelig word. Die\u00a0slagoffer se versoek sal aangeteken word\u00a0en hy of sy sal ingelig word aangaande die<br \/>proses en enige besluit van die paroolraad\u00a0om die oortreder vry te laat. Hy of sy sal\u00a0ook ingelig word indien die oortreder\u00a0ontvlug, sterf, oorgeplaas word of as parool\u00a0teruggetrek word na vrylating.<\/p><p>\u2018n Slagoffer moet die volgende inligting\u00a0skriftelik aan die betrokke paroolraad\u00a0verskaf:<\/p><ul><li>die naam van die oortreder<\/li><li>die oortreding begaan<\/li><li>die saaknommer<\/li><li>die datum en naam van die hof waar die\u00a0oortreder gevonnis is<\/li><li>die volle naam en ID-nommer van die\u00a0slagoffer en sy of haar posadres.<\/li><\/ul><p>Slagoffers moet die betrokke paroolraad\u00a0inlig indien hulle adres verander het.\u00a0Alle redelike stappe word gedoen om te\u00a0verseker dat die kontakbesonderhede van\u00a0slagoffers vertroulik gehanteer word en dat\u00a0dit nie aan oortreders bekend gemaak word\u00a0nie.<\/p><p>In die normale verloop van sake en om\u00a0te voldoen aan die beginsel van audi alterem\u00a0partem (om die ander persoon se standpunt\u00a0te hoor), sal die oortreder teenwoordig wees\u00a0wanneer die slagoffer se verto\u00eb gerig word. \u00a0Nietemin, indien die slagoffer \u2018n persoonlike\u00a0verto\u00eb rig tydens die paroolraadsitting, sal\u00a0die voorsitter alle moontlike stappe doen om\u00a0te verseker dat die slagoffer beskerm word\u00a0teen die oortreder en dat geen viktimisering\u00a0tydens die sitting plaasvind nie.<\/p><p>In sekere omstandighede, soos wanneer\u00a0kinders of \u2018n weerlose slagoffer betrokke\u00a0is, sal re\u00eblings getref word sodat dit nie\u00a0nodig is om die oortreder te sien nie. Indien\u00a0slagoffers enige bekommernis in hierdie<br \/>verband het, moet hulle hierdie saak met\u00a0die paroolraad bespreek, wat hul behoeftes,\u00a0vrese en bekommernisse sal aanspreek.<\/p><p>Slagoffers mag deur enige persoon\u00a0van hul keuse vergesel word om morele\u00a0ondersteuning te verskaf. In die geval van\u00a0\u2019n veediefstalsaak kan die slagoffer deur\u00a0persone binne georganiseerde landbou\u00a0ondersteun word. Die paroolraad moet\u00a0egter ingelig word oor die identiteit van\u00a0s\u00f3 \u2019n ondersteuner, om re\u00eblings te tref met\u00a0die sekuriteitspersoneel om toegang tot die\u00a0korrektiewe sentrum te vergemaklik.<\/p><p>Wanneer die moontlike vrylating van \u2019n\u00a0oortreder op parool oorweeg word, word\u00a0\u2018n verskeidenheid faktore in berekening\u00a0gebring, wat onder meer insluit:<\/p><ul><li>die oortreder se reaksie op ontwikkelings en\u00a0behandelingsprogramme wat verband\u00a0hou met rehabilitasie<\/li><li>die bestaan en kwaliteit van ondersteuningstelsels\u00a0in die gemeenskap<\/li><li>die waarskynlikheid van heroortreding<\/li><li>die risiko wat so \u2018n oortreder vir die groter\u00a0gemeenskap mag inhou, asook die risiko\u00a0vir die klaer.<\/li><\/ul><p>Die samevoeging van al hierdie faktore sal die\u00a0paroolraad lei tot \u2019n besluit en dit is daarom\u00a0belangrik dat klaers betrokke raak by die\u00a0proses. Die verto\u00eb van die slagoffer kan \u2018n\u00a0belangrike rol speel om paroolvoorwaardes\u00a0te bepaal indien die oortreder op parool of\u00a0onder korrektiewe toesig uitgeplaas word.<\/p><p>\u2018n Slagoffer neem egter nie deel aan die\u00a0besluitnemingproses van die paroolraad nie. \u00a0As dit tydens die sitting van die paroolraad\u00a0blyk dat geen versoening tussen slagoffer\u00a0en oortreder plaasgevind het nie, sal die\u00a0paroolraad dit oorweeg om \u2018n besluit op die\u00a0vrylating van die oortreder uit te stel met\u00a0die oog op moontlike mediasie.<\/p><p>Slagoffers wat verto\u00eb gerig het of wat\u00a0versoek het dat hulle ingelig word oor\u00a0paroolbesluite, sal skriftelik ingelig word van\u00a0die besluit van die paroolraad. Diegene wat\u00a0teenwoordig is tydens die paroolraadsitting<br \/>sal tydens die sitting mondelings van die\u00a0besluit ingelig word.<\/p><p>Indien die slagoffer nie tevrede is met die\u00a0besluit van die paroolraad nie en van mening is\u00a0dat die paroolraad gefouteer het, mag hy of sy\u00a0\u2018n skrywe rig aan die nasionale kommissaris of\u00a0toepaslike area-kommissaris en redes aanvoer\u00a0vir sy of haar mening. Verto\u00eb sal oorweeg\u00a0word met al die toepaslike feite en dan sal die\u00a0slagoffer ingelig word oor die uitslag.<\/p><p>\u2018n Slagoffer kan die paroolraad skakel\u00a0by die korrektiewe sentrum naaste aan\u00a0die hof waar die oortreder gevonnis is. \u00a0Kontakbesonderhede kan ook verkry word\u00a0by enige korrektiewe instelling, insluitende\u00a0gemeenskapskorreksiekantore of in die\u00a0plaaslike telefoongids. Adresinligting is\u00a0ook verkrygbaar op die webblad van die\u00a0Departement van Korrektiewe Dienste\u00a0by www.dcs.gov.za.<\/p><p>Indien die beskuldigde na vrylating op\u00a0parool optree op \u2019n wyse wat daarop dui dat\u00a0hy of sy \u2019n risiko vir openbare veiligheid kan\u00a0inhou, of enige voorwaardes wat aan sy of\u00a0haar vrylating gekoppel is, oortree, kan hy\u00a0of sy in hegtenis geneem word om die res\u00a0van die vonnis in die gevangenis uit te dien.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paroolrade \u2018n Slagoffer van veediefstal het die reg om\u00a0teenwoordig te wees by die paroolraadsitting\u00a0wanneer die moontlike vrylating van \u2018n\u00a0oortreder oorweeg word. Die Departement van Korrektiewe\u00a0Dienste\u00a0het prosedures ontwikkel om\u00a0die betrokkenheid van\u00a0slagoffers\u00a0by die paroolraadsitting\u00a0te vergemaklik\u00a0en aan te moedig\u00a0wanneer die moontlike\u00a0vrylating van oortreders\u00a0oorweeg word. \u2018n Slagoffer mag \u00f3f \u2018n\u00a0paroolraadsitting bywoon\u00a0wanneer die moontlike\u00a0plasing van \u2019n oortreder\u00a0op parool of onder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":34,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-236","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/236","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=236"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/236\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1014,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/236\/revisions\/1014"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/34"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=236"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}