{"id":271,"date":"2016-07-31T14:37:10","date_gmt":"2016-07-31T13:37:10","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=271"},"modified":"2022-08-29T14:50:37","modified_gmt":"2022-08-29T13:50:37","slug":"pounds-bill","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/ander-toepaslike-wetgewing\/pounds-bill\/","title":{"rendered":"Skuwet"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"271\" class=\"elementor elementor-271\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-a349952 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"a349952\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-e61af70\" data-id=\"e61af70\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-cff8df1 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"cff8df1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Skutwet<\/h2><p>Skutwette is tans \u2019n provinsiale aangeleentheid\u00a0en elke provinsie het sy eie wet. Omdat\u00a0munisipaliteite regstreeks daardeur geraak\u00a0word, geld ordonnansies in die verskillende\u00a0provinsiale en munisipale regulasies.<\/p><p>Die Departement van Landbou,\u00a0Bosbou en Visserye het die Nasionale\u00a0Skutwetsontwerp op 18 April 2013 vir\u00a0kommentaar gepubliseer.<\/p><p>Die doel van die beoogde wet is om\u00a0nasionale norme en standaarde te bepaal vir\u00a0die bedryf van skutgeriewe en die skut van\u00a0diere. Die RPO het \u2019n werkgroep saamgestel\u00a0om kommentaar op die wetsontwerp te\u00a0lewer. Die kommentaar is ook aan affiliasies\u00a0van AgriSA voorsien vir verdere oorweging.<br \/>Alle rolspelers se kommentaar is aan die\u00a0departement voorsien vir oorweging.<\/p><h3>Vreemde vee op plaas<\/h3><p>Indien \u2019n grondeienaar vreemde vee op\u00a0sy plaas vind, is die eienaar van die vee\u00a0gewoonlik aanspreeklik vir enige skade\u00a0wat hulle veroorsaak deur daar te wei,\u00a0selfs as daar geen nalatigheid betrokke is\u00a0nie. Die eienaar van die vee is aanspreeklik\u00a0selfs al het die diere toegang verkry deur\u00a0die nalatigheid van \u2018n derde persoon,\u00a0byvoorbeeld iemand wat die hek na \u2018n\u00a0naburige eiendom oopgelaat het.<\/p><p>Sulke diere mag nie vir langer as 48 uur\u00a0nadat jy hulle opgemerk het, op jou eiendom\u00a0bly tensy jy \u2019n skriftelike kennisgewing aan\u00a0die dier se eienaar gestuur het of, indien jy\u00a0nie weet wie die eienaar is nie, die naaste\u00a0skutmeester in kennis gestel het nie. Jy mag\u00a0nie die dier verkoop nie. As jy dit doen, kan\u00a0die eienaar die waarde van die dier van jou\u00a0verhaal asook die skade wat hy gely het as\u00a0gevolg van die \u00a0verkoop. Jy sal ook aan \u2019n\u00a0misdryf skuldig wees.<\/p><p>Indien jy diere van buite Suid-Afrika op\u00a0jou eiendom vind, moet jy die diere isoleer\u00a0en die staat se veeartsenydienste in kennis\u00a0stel, wat aan jou sal voorskryf wat om met\u00a0die diere te doen.<\/p><p>Enigiemand wat \u2019n dier aan die\u00a0skutmeester lewer, is geregtig op \u2019n fooi\u00a0vir die aanjaag of vervoer van die dier, soos\u00a0uiteengesit in die provinsiale ordinansies.<\/p><p>Indien een van jou werknemers die dier na\u00a0die skut neem, stuur \u2019n nota saam wat die\u00a0dier beskryf en jou werknemer magtig om\u00a0dit aan die skutmeester te oorhandig.<\/p><p>Die skutmeester kan die voorgeskrewe\u00a0vervoerkoste, skutgelde en ander uitgawes\u00a0om die dier te ent, dip of te behandel,\u00a0verhaal voordat \u2019n geskutte dier vrygelaat\u00a0word.<\/p><p>As \u2018n dier nie opge\u00ebis\u00a0word nie, kan die\u00a0skutmeester dit per\u00a0openbare veiling vir\u00a0kontant verkoop.<\/p><h3>Loslopende diere<\/h3><p>Groot probleme word ook met loslopende\u00a0diere ondervind, veral op strate en langs\u00a0paaie. Die grootste bekommernis is\u00a0die motorongelukke wat hierdie diere\u00a0veroorsaak, wat kan lei tot lewensverlies\u00a0en groot skade aan voertuie. Soms betree\u00a0hierdie diere ook mense se persele en\u00a0beskadig plante en selfs voertuie.<\/p><p>Die Veediefstaleenheid mag op hierdie\u00a0loslopende diere beslag l\u00ea en hulle na \u2019n skut\u00a0neem. Die eienaars moet \u2019n bedrag betaal\u00a0om die diere terug te kry. Nie alle dorpe se\u00a0munisipaliteite het egter skutkrale nie.<br \/>Vee-eienaars moet veewagters aanstel\u00a0wat te alle tye na hul diere kan kyk. Streng\u00a0boetes kan aan skuldige eienaars uitgereik\u00a0word indien die loslopende diere as hul\u00a0eiendom ge\u00efdentifiseer word.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pounds Bill Laws governing animal pounds are currently a provincial matter and each province has its own legislation. Because municipalities are directly affected, ordinances in the various provincial and municipal regulations apply. The Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) published the proposed National Animal Pounds Bill on 18 April 2013 for comments. The aim [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":38,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-271","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=271"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/271\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":981,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/271\/revisions\/981"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/38"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}