{"id":309,"date":"2016-07-31T15:11:08","date_gmt":"2016-07-31T14:11:08","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=309"},"modified":"2022-08-29T14:11:28","modified_gmt":"2022-08-29T13:11:28","slug":"stock-theft-prevention-forums","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/voorkoming-van-veediefstal\/stock-theft-prevention-forums\/","title":{"rendered":"Veediefstalvoorkomingsforums"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"309\" class=\"elementor elementor-309\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-74f6b32 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"74f6b32\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-7a1ed14\" data-id=\"7a1ed14\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a690575 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a690575\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Veediefstalvoorkomingsforums<\/h2><p>Die RPO het veediefstalvoorkomingsforums\u00a0op nasionale en provinsiale vlak gestig om\u00a0veediefstal die hoof te bied. Die forums werk\u00a0volgens \u2019n redelik eenvormige stel huisre\u00ebls.<\/p><p>Die forums se hoofdoel is om \u2019n verteenwoordigende\u00a0struktuur in die georganiseerde\u00a0landbou se stryd teen veediefstal te\u00a0vorm. Lede sluit in verteenwoordigers van\u00a0die kommersi\u00eble en opkomende \u00a0veeprodusente-\u00a0organisasies, SAPD (veediefstaleenhede\u00a0ingesluit), Korrektiewe Dienste,\u00a0die Suid-Afrikaanse Weermag, die Nasionale\u00a0Vervolgingsgesag sowel as die Departement\u00a0van Landbou, Bosbou en Visserye.<\/p><p>Sake wat verband hou met veediefstal\u00a0word verkieslik op provinsiale vlak\u00a0gehanteer. Provinsiale rolspelers word\u00a0aangemoedig om oplossings te vind en\u00a0voorkomende maatre\u00ebls in plek te stel om<br \/>veediefstal doeltreffend te bekamp. Sake\u00a0wat nie op provinsiale vlak opgelos kan\u00a0word nie of sake van nasionale belang word\u00a0na die nasionale forum verwys.<\/p><p>Die forums doen alles in hul vermo\u00eb om\u00a0veediefstal en verwante misdade te voorkom\u00a0en te bestry. Hulle voer ondersoeke uit\u00a0en handel volgens die bevindings. Omdat\u00a0voedselsekerheid in die land so belangrik<br \/>is, ondersteun die forums veeboere sover\u00a0moontlik.<\/p><p>Die forums se werksaamhede behels die\u00a0volgende:<\/p><ul><li>Evalueer bestaande beleid, wetgewing,\u00a0strategie\u00eb en prosedures vir die bestryding\u00a0en voorkoming van veediefstal en\u00a0beveel aanpassings aan. Hulle maak ook\u00a0aanbevelings ten opsigte van \u00a0wetstoepassing\u00a0en strafoplegging vir veediefstal.<\/li><li>Beveel stappe aan wat veeboere teen\u00a0verliese deur veediefstal kan beskerm,\u00a0gegrond op die resultate van voorkomings en\u00a0bestrydingsaksies en inligting oor die\u00a0voorkoms en neigings van veediefstal.<\/li><li>Identifiseer navorsingsbehoeftes en aspekte\u00a0wat voorrang moet kry. Sulke\u00a0navorsingsbehoeftes<br \/>word oorgedra aan\u00a0erkende instansies soos die Departement\u00a0van Landbou, Bosbou en Visserye, die<br \/>Landbounavorsingsraad, die Wetenskaplike\u00a0en Nywerheidsnavorsingsraad, universiteite\u00a0en ander wetenskaplike groepe\u00a0wat die nodige navorsing kan doen.<\/li><li>Versamel verslae oor navorsingsprojekte,\u00a0veediefstalneigings asook voorkomings en\u00a0bestrydingsaksies en bring dit onder\u00a0belanghebbendes se aandag.<\/li><li>Werk saam met enige aanvaarbare organisasie\u00a0of liggaam waardeur die doelstellings\u00a0van die Veediefstalforum en die belange\u00a0van veeboere bevorder kan word.<\/li><\/ul><p>Die nasionale Veediefstalvoorkomingsforum\u00a0het\u00a0onlangs daarin geslaag\u00a0om opleidingskursusse in\u00a0die bekamping van veediefstal\u00a0vir staatsaanklaers\u00a0te laat instel. Verder het verskeie provinsiale\u00a0forums deelgeneem aan die opstel van\u00a0provinsiale skutwette en gepaardgaande\u00a0regulasies. Die nasionale forum maak ook\u00a0gebruik van regskenners binne die RPO om\u00a0kommentaar te lewer op konsepwetgewing\u00a0wat direk verband hou met die polisi\u00ebring,\u00a0ondersoek en vervolging van veediefstalsake.<\/p><p>Daar is verskeie brandpunte wat \u2019n\u00a0negatiewe invloed op die bekamping van\u00a0veediefstal het. Eerstens is daar nog steeds\u00a0produsente, insluitend di\u00e9 in kommunale\u00a0gebiede, wat nie hul vee ingevolge die\u00a0bepalings van die Wet op die Identifikasie\u00a0van Diere (Wet 6 van 2002) brandmerk of\u00a0tatoe\u00eber nie. Di\u00e9 nalatigheid aan die kant\u00a0van die produsente verminder die kanse\u00a0op die suksesvolle strafregtelike vervolging\u00a0van veediewe. Indien die Nasionale\u00a0Vervolgingsgesag nie bo redelike twyfel\u00a0kan bewys wie die eienaar van die vee is\u00a0nie, moet die beskuldigde die voordeel\u00a0van die twyfel kry. Nie net sal hy of sy op\u00a0die aanklag vrygespreek word nie, maar\u00a0daardie gesteelde vee sal waarskynlik aan\u00a0die beskuldigde teruggegee moet word. \u00a0Produsente hou dikwels ook nie noukeurige\u00a0rekord van veegetalle nie en veegetalle word\u00a0nie gereeld gekontroleer nie.<\/p><p>Interne polisie-instruksies bepaal dat\u00a0lede van die Gemeenskapsdienssentrum die\u00a0eerste afgifte van misdaad moet hanteer.\u00a0Baie van die polisielede is totaal onkundig\u00a0oor die bewaring van misdaadtonele en wat\u00a0vereis word wanneer \u2019n veediefstaltoneel\u00a0besoek word. Waardevolle inligting en\u00a0getuienis gaan dikwels verlore.<\/p><p>Daar bestaan in sommige gevalle gebrekkige\u00a0vertrouensverhoudinge tussen produsente\u00a0en veediefstalondersoekbeamptes.\u00a0Dit is grootliks te wyte aan \u2019n gebrek aan\u00a0behoorlike kommunikasie en is dikwels op\u00a0verkeerde persepsies gebaseer. \u00a0Die suksesvolle vervolging van veediefstalsake\u00a0ly ook by howe skipbreuk, eerstens\u00a0omrede sommige staatsaanklaers weinig of\u00a0geen ondervinding van sulke sake het nie.\u00a0Tweedens word die regte van slagoffers\u00a0soos verskans in die Slagoffershandves deur\u00a0sommige polisiebeamptes en staatsaanklaers\u00a0misken.<\/p><p>Dit is egter belangrik om te besef dat\u00a0alhoewel slagoffers van misdaad sekere regte\u00a0het, hulle ook verantwoordelikhede het. Net\u00a0omdat jy skade gely het, gee dit jou nie die reg\u00a0om oneerbiedig op te tree nie. Doen eerder\u00a0moeite om verhoudings met amptenare te\u00a0bou.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stock theft prevention forums The RPO founded stock theft prevention forums on national and provincial levels in order to control stock theft. The forums operate according to a reasonably uniform set of house rules. The main aim of the forums is to form a representative structure in organised agriculture\u2019s struggle against stock theft. Members include [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":41,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-309","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/309","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=309"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/309\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":909,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/309\/revisions\/909"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/41"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=309"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}