{"id":357,"date":"2016-08-05T06:37:11","date_gmt":"2016-08-05T05:37:11","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=357"},"modified":"2016-08-07T06:16:20","modified_gmt":"2016-08-07T05:16:20","slug":"identifikasie-van-diere","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/identifikasie-van-diere\/","title":{"rendered":"Identifikasie van diere"},"content":{"rendered":"<h2>Identifikasie van diere<\/h2>\n<p>\u2019n Wettige, permanente merk is die eerste\u00a0verdedigingslinie teen veediefstal. In Suid\u00a0Afrika maak wetgewing voorsiening vir \u2019n\u00a0doeltreffende diere-identifikasiestelsel.<br \/>\nDie Wet op die Identifikasie van Diere (Wet\u00a06 van 2002), maak die merk van vee verpligtend.<br \/>\nDit help die bedryf en die Suid-Afrikaanse\u00a0Polisiediens (SAPD) om veediefstal\u00a0te bestry en om gesteelde vee makliker te\u00a0kan terugvind. Dit blyk egter dat die meeste\u00a0persone en instansies wat in vee handel dryf,\u00a0nie die bepalings van die betrokke wetgewing\u00a0nakom nie en dus nie voldoen aan die basiese<br \/>\nvereistes om veediefstal te bekamp nie.<br \/>\nBaie hofsake oor veediefstal moet geskrap\u00a0word weens geskille oor die positiewe identifikasie\u00a0van gesteelde vee en omdat eienaarskap\u00a0nie bewys kan word nie. As \u2019n dier met \u2019n\u00a0geregistreerde merk of tatoe\u00ebermerk gemerk\u00a0is, kan sulke geskille vermy word. Warmysterbrandmerke\u00a0vir beeste en tatoe\u00ebermerke\u00a0vir kleinvee bly die mees kostedoeltreffende\u00a0maniere om hierdie groepe diere te merk.<br \/>\nDie Wet op die Identifikasie van Diere vervang\u00a0die Wet op Veebrandmerke (Wet 87 van\u00a01962). Die nuwe wet bestuur die nasionale\u00a0register vir diere-identifikasiemerke, wat dien\u00a0as \u2019n versterkte\u00a0verdedigingslinie\u00a0teen\u00a0veediefstal,\u00a0die identifisering\u00a0van\u00a0e i e n d o m\u00a0vergemaklik\u00a0en opspoorbaarheid\u00a0bevorder.<\/p>\n<h3>Die diere-identifikasiestelsel<\/h3>\n<p>Die diere-identifikasiestelsel (AIS) is die\u00a0nasionale\u00a0register van diere-identifikasiemerke\u00a0in Suid-Afrika. In hierdie stadium\u00a0het slegs die SAPD toegang tot die\u00a0stelsel.<br \/>\nAIS is \u2019n uiters gebruikersvriendelike\u00a0stelsel wat deur enige beampte gebruik kan\u00a0word na \u2019n kort opleidingstydperk.<\/p>\n<h4>Toepassing van die wet\u00a0(artikel 2)<\/h4>\n<p>Hierdie\u00a0wet is van toepassing \u2013<br \/>\n(a) ten opsigte van die diere wat deur\u00a0die minister by kennisgewing in die\u00a0Staatskoerant<br \/>\nverklaar is; en<br \/>\n(b) op die hele nasionale grondgebied\u00a0van die Republiek van Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die wet is landswyd van toepassing en dit is\u00a0verpligtend om alle beeste, skape, bokke en\u00a0varke te merk. Daar is heelwat voordele van\u00a0wettige merke:<\/p>\n<ul>\n<li>fisiese afskrikmiddel \u2013 veediewe is meer\u00a0geneig om ongemerkte diere te steel<\/li>\n<li>positiewe identifikasie<\/li>\n<li>positiewe bewys van eienaarskap<\/li>\n<li>doeltreffender polisi\u00ebring<\/li>\n<li>ho\u00ebr herwinningspersentasie<\/li>\n<li>maak opsporing moontlik.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Wat is \u2019n identifikasiemerk?\u00a0(artikel 4)<\/h4>\n<p>Die minister moet identifikasiemerke\u00a0voorskryf ten opsigte van elke groep\u00a0diere waaraan merke ingevolge artikel 5\u00a0toegeken kan word.<\/p>\n<p>\u2019n Identifikasiemerk is enige geregistreerde\u00a0merk wat op \u2019n dier aangebring word vir\u00a0watter doel ook al en wat deur die minister\u00a0voorgeskryf word.<\/p>\n<p>Die volgende merke is uitsonderings:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n merk aan \u2019n hoef of horing<\/li>\n<li>\u2019n verfmerk<\/li>\n<li>\u2019n knip, klinknael of plaatjie wat aan die\u00a0oor aangebring is<\/li>\n<li>\u2019n keep of gat.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Hoe om \u2019n identifikasiemerk\u00a0te\u00a0registreer (artikel 5)<\/h4>\n<p>\u2019n Aansoek om registrasie van \u2019n identifikasiemerk\u00a0moet by die registrateur\u00a0gedoen word op die voorgeskrewe\u00a0wyse en moet vergesel word van die\u00a0voorgeskrewe geld. Indien die aansoek\u00a0voldoen aan die vereistes van hierdie\u00a0wet moet die registrateur \u2013<\/p>\n<p>(a) \u2019n identifikasiemerk aan die applikant\u00a0toeken<br \/>\n(b) die identifikasiemerk in die applikant\u00a0se naam registreer, en<br \/>\n(c) aan die applikant \u2019n registrasiesertifikaat\u00a0van daardie identifikasiemerk\u00a0uitreik.<\/p>\n<p>Alle eienaars moet aansoek doen om \u2019n geregistreerde\u00a0identifikasiemerk.<\/p>\n<ul>\n<li>Vorms is verkrygbaar vanaf voorligtings kantore, landdroskantore, veediefstaleenhede\u00a0van die SAPD of by die registrateur\u00a0van identifikasiemerke.<\/li>\n<li>\u2019n Eenmalige registrasiefooi is betaalbaar \u2013\u00a0koop inkomstese\u00ebls by die Poskantoor om te\u00a0betaal vir die registrasie en plak dit aan die\u00a0onderkant van die vorm waar aangedui.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Adresseer die koevert aan:<br \/>\nDie Registrateur:<br \/>\nDiere-identifikasie,<br \/>\nPrivaatsak X138, Pretoria, 0001.<\/p>\n<p>Alle identifikasiemerke moet geregistreer\u00a0word.<\/p>\n<ul>\n<li>Die registrasie word op die nasionale register\u00a0van diere-identifikasiemerke geplaas.<\/li>\n<li>Dit kan tot twee weke duur om \u2019n identifikasiemerk\u00a0te registreer.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Oordrag van identifikasiemerk\u00a0(artikel 9)<\/h4>\n<p>\u2019n Eienaar van \u2019n dier kan op die voorgeskrewe\u00a0wyse by die registrateur aansoek\u00a0doen om die oordrag van die registrasie\u00a0van \u2019n identifikasiemerk vanaf\u00a0die naam van enige ander persoon na sy\u00a0of haar naam.<\/p>\n<p>\u2019n Diere-identifikasiemerk kan van een veeeienaar\u00a0aan \u2019n ander oorgedra word. Om dit\u00a0te doen, moet die nuwe eienaar aansoek doen\u00a0om die oordrag van die betrokke diere-identifikasiemerk\u00a0by die Departement van Landbou,\u00a0Bosbou en Visserye.<br \/>\nIn die geval van die dood van die wettige\u00a0eienaar kan die identifikasiemerk oorgedra\u00a0word as die eksekuteur van die boedel\u00a0toestemming gee vir die oordrag. As daar\u00a0nie \u2019n eksekuteur is nie, kan die nuwe\u00a0eienaar \u2019n kopie van die doodsertifikaat\u00a0en \u2019n magtigingsbrief uitgereik deur die\u00a0hooggeregshof verskaf wat verklaar dat die\u00a0nuwe eienaar wel die wettige eienaar van die\u00a0diere is.<br \/>\nVolg dan dieselfde prosedure soos vir die\u00a0registrasie van \u2019n diere-identifikasiemerk.<\/p>\n<h4>Pligte van eienaars (artikel 7)<\/h4>\n<ul>\n<li>Alle eienaars van beeste, skape, bokke en\u00a0varke moet \u2019n identifikasiemerk by die registrateur<br \/>\nvan diere-identifikasie registreer.<\/li>\n<li>Elke eienaar moet sy\/haar diere op die\u00a0voorgeskrewe metode merk.<\/li>\n<li>Alle beeste, skape, bokke en varke waarvan\u00a0die identifikasiemerk onduidelik of\u00a0onsigbaar geword het, moet ooreenkomstig\u00a0wetlike voorskrifte weer ge\u00efdentifiseer\u00a0word.<\/li>\n<li>Enige eienaar van \u2019n dier met \u2019n identifikasiemerk\u00a0wat die dier binne 14 dae nadat\u00a0hy of sy die eienaar\u00a0geword het, wil\u00a0verkoop, ruil\u00a0of weggee,\u00a0moet die\u00a0nuwe eienaar\u00a0van\u00a0\u2019n identifikasiedokument\u00a0voorsien.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit beteken dat die dier\u00a0binne 14 dae weggemaak\u00a0kan word sonder dat dit met\u00a0die nuwe eienaar se merk<br \/>\ngemerk is, omdat dit reeds\u00a0die vorige eienaar se merk\u00a0op het en \u2019n identifikasiedokument\u00a0uitgereik is.<\/p>\n<p>\u2019n Eienaar wat \u2019n dier na 14 dae nadat hy die\u00a0eienaar\u00a0van so \u2019n dier geword het, wil verkoop,\u00a0ruil of weggee, moet sy eie merk op die dier\u00a0aanbring voordat hy daarvan ontslae raak. Die\u00a0eienaar moet ook die<br \/>\nnuwe eienaar\u00a0van \u2019n identifikasiedokument\u00a0voorsien. \u00a0Die nuwe\u00a0eienaar\u00a0moet die\u00a0identifikasiedokument\u00a0vir \u2019n periode\u00a0van een jaar hou. \u00a0Dit beteken dat daar nie\u00a0na 14 dae van s\u00f3 \u2019n dier\u00a0ontslae geraak kan word\u00a0sonder dat die nuwe eienaar\u00a0se identifikasiemerk op\u00a0die dier aangebring is en\u00a0\u2019n identifikasiedokument\u00a0uitgereik is nie.<\/p>\n<h3>Wetlike implikasies<\/h3>\n<h4>Die merk van geregistreerde\u00a0(stoetdiere [artikel 15(2)]<\/h4>\n<p>Paragrawe (a), (c) en (e) van subartikel (1)\u00a0is nie van toepassing nie ten opsigte van \u2013<br \/>\n(a) die merk van diere in ooreenstemming\u00a0met die re\u00ebl of bywette van \u2019n dieretelersgenootskap\u00a0of registrerende owerheid\u00a0soos omskryf in artikel 1 van die\u00a0Wet op Diereverbetering, 1998 (Wet\u00a062 van 1998), of<br \/>\n(b) die merk deur die teler van \u2019n dier\u00a0wat geregistreer of aangeteken\u00a0is, na gelang van die geval, by die<br \/>\nSuid-Afrikaanse Stamboek-en-Veeverbeteringsvereniging.<\/p>\n<p>Geregistreerde diere word met merke gemerk\u00a0wat deur die betrokke telersgenootskap\u00a0toegeken is.<\/p>\n<ul>\n<li>Die telersgenootskap sal die merkmetode\u00a0voorskryf (brandmerk of tatoe\u00ebring).<\/li>\n<li>Registrasiesertifikate wat deur die telersgenootskap\u00a0uitgereik is, moet geregistreerde\u00a0diere vergesel wat op openbare veilings\u00a0verkoop word.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Alternatiewe identifikasiemetodes\u00a0[artikel 8(5)]<\/h4>\n<p>\u2019n Eienaar kan op die voorgeskrewe wyse\u00a0aansoek doen om \u2019n alternatiewe identifikasiemetode. \u00a0Die registrateur kan alternatiewe\u00a0identifikasiemetodes by kennisgewing\u00a0in die Staatskoerant publiseer.<\/p>\n<p>Dit is nou moontlik om by die registrateur\u00a0aansoek te doen vir alternatiewe metodes\u00a0om diere te identifiseer. Vee-eienaars moet\u00a0egter kennis neem dat dit nie van toepassing\u00a0sal wees op individuele eienaars nie. Slegs\u00a0aansoeke vir die merk van sekere groepe\u00a0diere of spesies sal oorweeg word.<br \/>\nIndien so \u2019n versoek toegestaan word, sal\u00a0dit onderhewig wees aan streng vereistes om\u00a0die werk van die inspekteur en die SAPD te\u00a0vergemaklik. Voorwaardes wat in so \u2019n geval\u00a0in werking tree, sal insluit die aanbring van\u00a0\u2019n enkele merk (brand- of tatoe\u00ebermerk)\u00a0wat aandui dat die diere met mikroskyfies\u00a0gemerk is.<br \/>\nDit sal ook \u2019n vereiste wees dat almal\u00a0wat die metode gebruik ten alle tye \u2019n skandeerder\/\u00a0leser besit.<\/p>\n<h4>Onwettige merk van diere\u00a0(artikel 15)<\/h4>\n<p>Geen persoon mag \u2019n dier merk met \u2019n:<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0merk wat nie geregistreer is nie<\/li>\n<li>\u00a0geregistreerde identifikasiemerk sonder die\u00a0magtiging van die eienaar van die merk nie<\/li>\n<li>geregistreerde identifikasiemerk anders as\u00a0voorgeskryf nie<\/li>\n<li>merk wat geregistreer is in die naam van \u2019n ander\u00a0persoon wat nie die dier se eienaar is nie<\/li>\n<li>merk wat nie \u2019n voorgeskrewe merk is vir die\u00a0groep waaraan die diere behoort nie.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Oortredings (artikel 16)<\/h4>\n<p>Enige persoon wat een of meer van die volgende\u00a0doen, begaan \u2019n oortreding:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n merkoperateur wat nie \u2019n register hou nie<\/li>\n<li>enigeen wat enige diere in sy\/haar besit het wat\u00a0nie in ooreenstemming met die toelaatbare\u00a0voorsienings van die wet gemerk is nie of\u00a0anders gemerk is<\/li>\n<li>enigeen wat die identifikasiemerk op \u2019n dier\u00a0verander, beskadig of uitwis<\/li>\n<li>enigeen wat \u2019n dier verkoop waarvan die\u00a0identifikasiemerk verander, beskadig of\u00a0gekanselleer is<\/li>\n<li>enigeen wat \u2019n dier verkoop waarvan\u00a0die oor\u00a0sonder enige wettige rede afgesny is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die vonnis vir hierdie\u00a0oortredings is \u2019n boete\u00a0of gevangenisstraf\u00a0vir \u2019n periode van\u00a0hoogstens ses maande,<br \/>\nof beide die boete en\u00a0gevangenisstraf.<\/p>\n<h4>Merkoperateurs (artikel 11)<\/h4>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-381\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Merk-1-300x219.jpg\" alt=\"Merk 1\" width=\"253\" height=\"185\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Merk-1-300x219.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Merk-1-450x328.jpg 450w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Merk-1.jpg 567w\" sizes=\"(max-width: 253px) 100vw, 253px\" \/>Enige persoon wat diere, behalwe sy of\u00a0haar eie diere, vir finansi\u00eble gewin wil\u00a0merk, moet op die voorgeskrewe wyse\u00a0by die registrateur om registrasie as \u2019n\u00a0merkoperateur aansoek doen en die<br \/>\nvoorgeskrewe geld betaal.<br \/>\nIndien die applikant aan die voorgeskrewe\u00a0vereistes voldoen, moet die\u00a0registrateur\u00a0hom of haar as \u2019n merk-operateur\u00a0registreer.<br \/>\n\u2019n Merkoperateur moet \u2019n register\u00a0van diere wat deur hom of haar gemerk\u00a0is op die voorgeskrewe wyse byhou.<br \/>\nDie registrateur moet \u2019n register van\u00a0merkoperateurs op die voorgeskrewe\u00a0wyse byhou.<\/p>\n<p>Hoe om te registreer:<\/p>\n<ul>\n<li>voltooi \u2019n merkoperateurskursus<\/li>\n<li>\u2019n aansoekvorm wat van die kursusaanbieder\u00a0verkrygbaar is, moet ingevul word.<\/li>\n<li>\u2019n aansoekfooi is betaalbaar<\/li>\n<li>betaling kan by wyse van \u2019n tjek of posorder\u00a0geskied<\/li>\n<li>adresseer die koevert aan:<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Registrateur: Diere-identifikasie<br \/>\nPrivaatsak X138<br \/>\nPretoria<br \/>\n0001<\/p>\n<h4>Merkoperateurskursusse<\/h4>\n<p>Die registrateur sal die aansoeker inlig waar\u00a0om die voorgeskrewe kursus by te woon. Die\u00a0kursus sal die volgende insluit:<\/p>\n<ul>\n<li>die teorie en tegniek van warmbrandmerking<\/li>\n<li>die teorie en tegniek van vriesbrandmerking<\/li>\n<li>die teorie en tegniek van tatoe\u00ebring<\/li>\n<li>die teorie en tegniek van beteueling en\u00a0merk van diere<\/li>\n<li>die wetgewing rakende die welstand van\u00a0diere.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Register van\u00a0merkoperateursrekords<\/h4>\n<p>Die volgende inligting moet in die merkoperateur\u00a0se register verskyn:<\/p>\n<ul>\n<li>naam en adres van eienaar wie se diere\u00a0gemerk is<\/li>\n<li>datum waarop die diere gemerk is<\/li>\n<li>tipe of spesifieke ras gemerk<\/li>\n<li>getal diere gemerk<\/li>\n<li>identifikasiemetode<\/li>\n<li>datum waarop die eienaar se identifikasiemerk\u00a0geregistreer is<\/li>\n<li>die eienaar se geregistreerde identifikasiemerk.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Identifikasie van diere \u2019n Wettige, permanente merk is die eerste\u00a0verdedigingslinie teen veediefstal. In Suid\u00a0Afrika maak wetgewing voorsiening vir \u2019n\u00a0doeltreffende diere-identifikasiestelsel. Die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet\u00a06 van 2002), maak die merk van vee verpligtend. Dit help die bedryf en die Suid-Afrikaanse\u00a0Polisiediens (SAPD) om veediefstal\u00a0te bestry en om gesteelde vee makliker te\u00a0kan terugvind. Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-357","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/357","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=357"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/357\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":384,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/357\/revisions\/384"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=357"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}