{"id":363,"date":"2016-08-07T05:19:17","date_gmt":"2016-08-07T04:19:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=363"},"modified":"2016-08-07T06:36:52","modified_gmt":"2016-08-07T05:36:52","slug":"regulasies-artikel-18","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/regulasies-artikel-18\/","title":{"rendered":"Regulasies (artikel 18)"},"content":{"rendered":"<h2>Regulasies (artikel 18)<\/h2>\n<p>Die minister kan regulasies uitvaardig\u00a0betreffende \u2013<br \/>\n(a) die grootte, vorm, patroon en samestelling\u00a0van identifikasiemerke<br \/>\n(b) die grootte, vorm en vervaardiging\u00a0van merkinstrumente<br \/>\n(c) die ouderdom wat diere moet bereik\u00a0het voordat hulle gemerk moet word<br \/>\n(d) die wyse waarop, die dele waarop en\u00a0die materiaal waarmee diere gemerk\u00a0moet word of nie gemerk mag word\u00a0nie<br \/>\n(e) die voorwaardes waarop \u2019n eienaar\u00a0van diere die registrasie van meer\u00a0as een identifikasiemerk ten opsigte\u00a0van dieselfde groep diere kan verkry,\u00a0en<br \/>\n(f) enige aangeleentheid wat ingevolge\u00a0hierdie wet voorgeskryf kan of moet\u00a0word.<br \/>\nDie minister kan verskillende regulasies\u00a0ten opsigte van verskillende soorte\u00a0identifikasiemerke, verskillende groepe\u00a0diere en verskillende gebiede uitvaardig.<\/p>\n<h4>Lettergroottes [artikel 18(9)]<\/h4>\n<ul>\n<li>Tatoe\u00ebermerk moet nie groter as 20 mm op\u00a0die breedste en hoogste deel wees nie.<\/li>\n<li>Brandmerk moet tussen 40 en 100 mm by\u00a0die breedste en hoogste punt wees.<\/li>\n<\/ul>\n<h4><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-112\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking-300x280.jpg\" alt=\"Marking\" width=\"270\" height=\"252\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking-300x280.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking.jpg 442w\" sizes=\"(max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/>Vorm, patroon en\u00a0komposisie [artikel\u00a018(10)]<\/h4>\n<ul>\n<li>\u2019n Identifikasiemerk kan\u00a0bestaan uit een tot drie letters\u00a0of simbole (karakters).<\/li>\n<li>\u2019n Drielettermerk kan op vier\u00a0verskillende maniere gebruik\u00a0word.<\/li>\n<li>\u2019n Tweelettermerk kan op\u00a0twee verskillende maniere\u00a0gebruik word.<\/li>\n<li>Die letters mag nie aan mekaar\u00a0raak nie.<\/li>\n<li>Dieselfde merk kan op beeste\u00a0en kleinvee gebruik word.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Ouderdom van diere tydens\u00a0merk [artikel 18(11)]<\/h4>\n<p><strong>Beeste:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>moet gemerk word teen die ouderdom van\u00a0ses maande<\/li>\n<li>kan getatoe\u00eber word teen die ouderdom\u00a0van een maand, of<\/li>\n<li>kan gebrandmerk word teen die ouderdom\u00a0van ses maande, en<\/li>\n<li>moet gebrandmerk wees teen die ouderdom\u00a0wat die eerste paar permanente snytande\u00a0verskyn (tweetandstadium).<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Kleinvee:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>moet getatoe\u00eber word teen die ouderdom\u00a0van een maand.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Varke:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>moet getatoe\u00eber word teen die ouderdom\u00a0van een maand.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Volstruise:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>kan getatoe\u00eber word teen die ouderdom\u00a0van een maand, en<\/li>\n<li>kan gebrandmerk word teen die ouderdom\u00a0van ses maande.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Perde:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>kan getatoe\u00eber word teen die ouderdom\u00a0van ses maande, en<\/li>\n<li>kan gebrandmerk word teen die ouderdom\u00a0van 12 maande.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Dele waarop diere ge\u00efdentifiseer\u00a0moet word [artikel 18 (12)]<\/h4>\n<p><strong><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-117\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking2-275x300.jpg\" alt=\"Marking2\" width=\"248\" height=\"271\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking2-275x300.jpg 275w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Marking2.jpg 367w\" sizes=\"(max-width: 248px) 100vw, 248px\" \/>Beeste<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Tatoe\u00ebring: in die linker- of regteroor.<\/li>\n<li>Brandmerk: op enige duidelik sigbare deel,\u00a0die nek uitgesluit.<\/li>\n<li>Verwys na onderstaande figuur. Plaas die\u00a0brandmerk op enige plek buite die vierkant.<\/li>\n<li>Die eerste eienaar kan die merk op die\u00a0linkeragterbeen aanbring, die tweede eienaar\u00a0kan dit op die linkerskouer plaas,\u00a0die derde eienaar kan dit op die regteragterbeen\u00a0plaas en die vierde eienaar op<br \/>\ndie regterskouer.<\/li>\n<li>Onthou: jy kan finansieel skade ly as jy\u00a0waardevolle gedeeltes van huide merk.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-391 alignleft\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Merk2.jpg\" alt=\"Merk2\" width=\"224\" height=\"161\" \/>Skape, bokke en varke<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Die eerste eienaar kan die tatoe\u00ebermerk\u00a0in die linkeroor aanbring, die tweede\u00a0eienaar in die regteroor (verwys na\u00a0figuur langsaan).<\/li>\n<li>Die letters van die tatoe\u00ebermerk mag nie\u00a0groter as 20 mm wees nie (hoog of breed).<\/li>\n<li>Die merk kan een, twee of drie karakters\u00a0h\u00ea.<\/li>\n<li>Plaas die letters langs mekaar.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Volstruise<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Tatoe\u00eber volstruise jonger as ses maande\u00a0onder die linkervlerk.<\/li>\n<li>Brandmerk volstruise ouer as ses maande\u00a0op die dye.<\/li>\n<li>Die eerste eienaar kan die brandmerk aan\u00a0die buitekant van die linkerdy aanbring en\u00a0die tweede eienaar aan die buitekant van\u00a0die regterdy.<\/li>\n<li>Volstruise word gebrandmerk volgens hulle\u00a0ouderdom. Geen volstruise jonger as ses\u00a0maande mag met \u2019n warm yster gebrandmerk\u00a0word nie. Volstruise jonger as ses\u00a0maande mag getatoe\u00eber word.<\/li>\n<li>Die letters van \u2019n brand- of tatoe\u00ebermerk\u00a0mag nie groter as 25 mm wees nie (breedte\u00a0of hoogte).<\/li>\n<li>Die brand- of tatoe\u00ebermerk mag net twee\u00a0letters h\u00ea en letters moet 6 mm van mekaar\u00a0geplaas word.<\/li>\n<li>Brandmerkletters kan langs of onder mekaar\u00a0geplaas word.<\/li>\n<li>Tatoe\u00ebermerke kan langs mekaar geplaas word.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regulasies (artikel 18) Die minister kan regulasies uitvaardig\u00a0betreffende \u2013 (a) die grootte, vorm, patroon en samestelling\u00a0van identifikasiemerke (b) die grootte, vorm en vervaardiging\u00a0van merkinstrumente (c) die ouderdom wat diere moet bereik\u00a0het voordat hulle gemerk moet word (d) die wyse waarop, die dele waarop en\u00a0die materiaal waarmee diere gemerk\u00a0moet word of nie gemerk mag word\u00a0nie (e) [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-363","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=363"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/363\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":393,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/363\/revisions\/393"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}