{"id":439,"date":"2016-08-07T08:47:07","date_gmt":"2016-08-07T07:47:07","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=439"},"modified":"2016-08-07T10:13:08","modified_gmt":"2016-08-07T09:13:08","slug":"bewaring-van-toneel-en-bewyse","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/bewaring-van-toneel-en-bewyse\/","title":{"rendered":"Bewaring van toneel en bewyse"},"content":{"rendered":"<h2>Bewaring van toneel en bewyse<\/h2>\n<p>Die toneel van die misdaad is \u2019n waardevolle\u00a0bron van bewyse en vee-eienaars moet weet\u00a0hoe om die misdaadtoneel en bewyse te\u00a0hanteer.<\/p>\n<p>Bewysstukke kan die volgende insluit:<\/p>\n<ul>\n<li>karkasse<\/li>\n<li>voertuie<\/li>\n<li>vuurwapens<\/li>\n<li>bronne van DNS soos\u00a0bloed, bloedvlekke, hare,\u00a0vleis of ander weefsel<\/li>\n<li>vingerafdrukke<\/li>\n<li>voetspore<\/li>\n<li>inbraaktoerusting<\/li>\n<li>klere<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Veediefstaleenheid stel die volgende\u00a0voor wanneer \u2019n boer besef dat hy of sy die\u00a0slagoffer van veediefstal was:<\/p>\n<ul>\n<li>Beveilig die misdaadtoneel onmiddellik.<\/li>\n<li>Moet niks skuif of van die toneel verwyder\u00a0nie.<\/li>\n<li>Moenie probeer om die misdaad self te\u00a0ondersoek nie \u2013 belangrike bewyse kan s\u00f3\u00a0vernietig word.<\/li>\n<li>Wanneer vee uit \u2019n kraal gesteel is, kan die\u00a0oorblywende vee in die kraal bly totdat die\u00a0beamptes van die Veediefstaleenheid opdaag\u00a0en met hul ondersoek begin. Belangrike\u00a0leidrade soos spore en merke word vernietig\u00a0sodra die diere die kraal verlaat.<\/li>\n<li>Spore wat op die misdaadtoneel gevind\u00a0word, moet beskerm word teen re\u00ebn, wind,\u00a0diere en mense, byvoorbeeld deur hulle met\u00a0\u2019n oopgesnyde drom of kartondoos te bedek.<\/li>\n<li>Vee-eienaars moet nie die spore volg nie,\u00a0en werknemers moet ook nie gestuur word\u00a0om spore te soek en te volg nie. Laat dit\u00a0eerder oor aan die polisie en hul honde.<\/li>\n<li>Geknipte heinings moet nie herstel word\u00a0voordat draadmonsters geneem is nie.<\/li>\n<li>Kettings en slotte wat gesny is, moet ook\u00a0as bewysstukke bewaar word.<\/li>\n<li>Geslagte karkasse moet nie verwyder\u00a0word voordat vleismonsters geneem en\u00a0foto\u2019s van die toneel geneem is nie.<\/li>\n<li>Indien materiaal op die toneel gevind word\u00a0wat moontlik aan die dief behoort, moet\u00a0dit nie aangeraak of verwyder word nie.<\/li>\n<li>Onbekende voorwerpe, byvoorbeeld gebreekte\u00a0ligte of relings van voertuie wat\u00a0op die misdaadtoneel gevind word, moet\u00a0nie aangeraak of verskuif word voordat dit\u00a0aan die ondersoekbeampte getoon is nie.<\/li>\n<li>Die forensiese laboratorium van die SAPD\u00a0kan sulke items vergelyk met getuienis\u00a0wat op ander misdaadtonele of in besit\u00a0van misdadigers gevind word.<\/li>\n<li>Indien \u2019n verdagte op heterdaad betrap\u00a0word en opmerkings aan die eienaar van die\u00a0gesteelde diere maak wat \u2019n bekentenis kan\u00a0wees, noem dit aan die ondersoekbeampte. \u00a0Wees versigtig om nie artikel 35 van die \u00a0Grondwet (Wet 108 van 1996) en\/of\u00a0artikel 39 van die Strafproseswet (Wet 51\u00a0van 1977), wat handel oor arrestasie, te\u00a0oortree nie.<\/li>\n<li>\u00a0Moenie die verdagte aanrand nie. Enige\u00a0onregmatige aanranding stel jou bloot aan\u00a0moontlike kriminele vervolging.<\/li>\n<\/ul>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-176\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/crime-scene-300x136.jpg\" alt=\"crime scene\" width=\"300\" height=\"136\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/crime-scene-300x136.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/crime-scene.jpg 312w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Die ondersoekbeampte sal faktore soos hitte,\u00a0koue, re\u00ebn, wind en mense wat die toneel\u00a0vertrap, in ag neem. As \u2019n laaste uitweg\u00a0om \u2019n bewysstuk te bewaar, kan die polisie\u00a0bewysstukke na \u2019n veiliger plek verskuif. Die\u00a0oorspronklike plek waar dit gevind is, moet\u00a0dan duidelik aangeteken word.<\/p>\n<p>Soveel moontlik bewysstukke sal deur\u00a0die polisie ingesamel en verwerk word. \u00a0Monsters en bewysstukke sal in forensiese\u00a0sakkies by die polisiestasie ingeteken word\u00a0vir gebruik tydens die ondersoek.<\/p>\n<h3>Aanmelding\u00a0van\u00a0veediefstal<\/h3>\n<p>Die tyd wat verloop tussen die ontdekking\u00a0en aanmelding van veediefstal moet so kort\u00a0moontlik wees. Dit sal die bevredigende\u00a0oplossing van \u2019n veediefstalsaak vergemaklik.<\/p>\n<p>Vee-eienaars moet alle veediefstalinsidente\u00a0op hul eiendom onverwyld by die\u00a0plaaslike polisiekantoor aanmeld. Die plaaslike\u00a0polisiekantoor sal \u2019n dossier open, dit\u00a0registreer\u00a0op die misdaadadministrasiestelsel<br \/>\n(MAS) en \u2019n MAS-nommer aan die saak\u00a0toeken. Die MAS-nommer word dan as teksboodskap\u00a0aan die klaer gestuur. Hierdie nommer\u00a0moet in alle toekomstige verwysings\u00a0en\u00a0navrae gebruik word. Die plaaslike polisiekantoor moet sodra die klagte op die MAS geregistreer\u00a0is, die bystandveediefstalspeurder<br \/>\ntelefonies van die klagte in kennis stel en ook\u00a0die kontakbesonderhede van die klaer deurgee.<\/p>\n<p>By aankoms op die misdaadtoneel moet\u00a0die ondersoekbeampte heel eerste die toneel\u00a0beveilig. Die toneel moet beoordeel word en\u00a0alle moontlike bewysstukke soos voetspore,\u00a0vingerafdrukke en bloedmonsters moet\u00a0bewaar word. Die polisiebeampte neem \u2019n \u00a0verklaring by die klaer af (sien 3.4).<\/p>\n<p>Die ondersoekbeampte sal \u2019n gedetailleerde\u00a0beskrywing van die gesteelde vee sowel as die\u00a0toepaslike identifikasiemerke kragtens die\u00a0Wet op die Identifikasie van Diere, versoek.<\/p>\n<p>Die vee-eienaar moet dus seker maak dat alle\u00a0diere gemerk en rekords op datum is. Vee-eienaars\u00a0kan dikwels nie \u2019n volledige beskrywing\u00a0van vermiste vee gee nie, en in sulke gevalle is\u00a0dit moeilik vir die SAPD om beskrywings van\u00a0gesteelde vee te sirkuleer.<\/p>\n<p>Neem deeglik kennis van alle detail op\u00a0die misdaadtoneel en dra dit oor aan die\u00a0ondersoekbeampte. Moet nie huiwer om\u00a0alle inligting en waarnemings aan die polisie\u00a0te verskaf nie.<\/p>\n<p>Die noodsaaklikheid\u00a0van \u2019n omvattende\u00a0veeregister kan nie genoeg beklemtoon word\u00a0nie. Hou \u2019n veeregister op datum en bevestig\u00a0die getalle gereeld. Dit is ook van toepassing\u00a0op werknemers se diere. \u2019n\u00a0Volledige veeregister dien as\u00a0\u2019n bewys aan die landdros dat\u00a0die vee-eienaar beheer het\u00a0oor die vee en bewus is van\u00a0wat op die plaas gebeur.<\/p>\n<h3>Gebruik van\u00a0DNS-tegnologie<\/h3>\n<p>Die SAPD en die Dieregenetikalaboratorium\u00a0van die Landbounavorsingsraad\u00a0(LNR) se\u00a0Diereproduksie-instituut in\u00a0Irene het reeds in 1996 \u2019n vennootskap gesluit\u00a0om die uitdaging van veediefstal met\u00a0behulp van DNS-tegnologie te beveg. Volgens\u00a0die SAPD is verskeie hofsake suksesvol\u00a0afgehandel deur DNS te gebruik. In hierdie\u00a0hofsake, wat meer as 3 000 bewysstukke ingesluit\u00a0het, is resultate van DNS-ontleding as\u00a0bewyse gebruik. Ongeveer 95% van hierdie\u00a0gevalle is opgelos en die verdagtes vervolg.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-180\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dna-300x223.jpg\" alt=\"dna\" width=\"248\" height=\"184\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dna-300x223.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dna.jpg 329w\" sizes=\"(max-width: 248px) 100vw, 248px\" \/>DNS-tegnologie kan as \u2019n belangrike\u00a0forensiese instrument gebruik word om\u00a0veediefstal te bekamp en word \u2019n steeds\u00a0belangriker komponent van die kriminele\u00a0regstelsel. DNS-gebaseerde tegnologie\u00a0word algemeen gebruik vir die bepaling van\u00a0identiteit, eienaarskap, ouerskap, naspeurbaarheid\u00a0en die spesie-oorsprong van diereprodukte\u00a0soos weefsel, bloed en vel.<\/p>\n<p>Afgesien van \u2019n identiese tweeling of\u00a0klone, is geen twee diere geneties dieselfde\u00a0nie. Dit beteken dat die DNS van \u2019n dier \u2019n\u00a0vingerafdruk of unieke identifikasie is. Slegs\u00a0klein hoeveelhede\u00a0DNS is nodig om die<br \/>\nvingerafdruk van \u2019n dier te bevestig. Maar\u00a0hoe help DNS-tegnologie om veediefstal te\u00a0bekamp?<\/p>\n<p>Haarmonsters (\u2019n bron van DNS) word\u00a0van individuele diere versamel en in die\u00a0laboratorium gestoor as \u2019n verwysingsmonster. \u00a0As \u2019n dier op \u2019n misdaadtoneel beseer of\u00a0geslag is, of \u2019n stuk vleis van \u2019n gesteelde dier\u00a0in besit van \u2019n verdagte gevind word, word \u2019n\u00a0weefselmonster geneem en in die laboratorium\u00a0met die verwysingsmonsters vergelyk.<\/p>\n<p>Indien die DNS-vingerafdruk van die verwysingsmonster\u00a0ooreenstem met \u2019n monster\u00a0van die misdaadtoneel, kan die verdagte\u00a0aan die misdaadtoneel of die misdaad self\u00a0verbind word en die bewyse kan gebruik\u00a0word om die oortreder agter tralies te sit.<\/p>\n<p>Selfs al is daar geen verwysingsmonster\u00a0beskikbaar nie, is skuldigbevinding steeds\u00a0moontlik deur DNS van bloed, bloedvlekke,\u00a0vleis of ander weefsel wat op die misdaadtoneel\u00a0gevind is, te vergelyk met bloed op die\u00a0verdagte se klere, gereedskap wat hy gebruik\u00a0het of vleis wat in sy besit gevind word.<\/p>\n<p>Die sukses van die forensiese DNS-diens\u00a0word bepaal deur die korrekte insameling\u00a0van monsters by \u2019n misdaadtoneel, die verwerking\u00a0en ontleding daarvan in die laboratorium\u00a0en die rapportering van bevindings.\u00a0Om te verseker dat hierdie proses wel korrek\u00a0verloop, bied die LNR deurlopend opleiding<br \/>\naan SAPD-personeel. Die opleiding fokus\u00a0op aspekte soos DNS-monsterversameling,\u00a0bewaring, dokumentasie en versending van\u00a0bewysstukke na die laboratorium.<\/p>\n<h4>Klaer se\u00a0verklaring<\/h4>\n<p>Die eerste polisiebeampte\u00a0op die toneel\u00a0moet \u2019n toneelverklaring\u00a0opstel. Die\u00a0klaer se verklaring\u00a0moet dadelik geneem\u00a0word, behalwe\u00a0as die\u00a0klaer beseer is\u00a0en mediese behandeling\u00a0moet\u00a0kry. Die polisie\u00a0kan steeds \u2019n\u00a0dossier open, selfs as die klaer nie dadelik \u2019n\u00a0verklaring kan afl\u00ea nie.<\/p>\n<p>As persone in hegtenis geneem is, moet\u00a0arrestasieverklarings geneem word en die\u00a0ooggetuies se \u00a0verklarings moet ook dadelik\u00a0geneem word.<\/p>\n<ul>\n<li>Alle persone het die reg om hul verklaring\u00a0in hul eie taal af te l\u00ea en om dit self te\u00a0skryf.<\/li>\n<li>Polisiebeamptes weet egter watter \u00a0belangrike inligting nodig is in die\u00a0verklaring en die skryf daarvan word\u00a0gewoonlik aan hulle oorgelaat.<\/li>\n<li>Die verklaring moet die volgende bevat: \u00a0wat, waar, wanneer, hoekom en wie.<\/li>\n<li>As iemand voel dat die beampte se\u00a0verklaring van \u2019n swak gehalte is, mag hulle weier om dit te teken en eerder vra\u00a0dat \u2019n speurder of \u2019n beampte met \u2019n ho\u00ebr\u00a0rang die verklaring afneem.<\/li>\n<li>Persone wat verklarings afgel\u00ea het, moet\u00a0alles lees wat neergeskryf is en saamstem\u00a0met die inhoud van die verklaring voor dit\u00a0geteken word.<\/li>\n<li>Probeer om nie meer as een verklaring af\u00a0te l\u00ea nie. Indien die twee verklarings sou\u00a0verskil, stel so \u2019n persoon hom bloot aan\u00a0\u2019n klag van meineed.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Voorbeeld van verklaring bl 1 <a href=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/voorbeeld-van-verklaring-1.jpg\">HIER<\/a><\/p>\n<p>Voorbeeld van verklaring bl 2\u00a0<a href=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/voorbeeld-van-verklaring-2.jpg\">HIER<\/a><\/p>\n<h3>Addisionele klagtes van\u00a0dieremishandeling<\/h3>\n<p>In baie veediefstalinsidente is daar gevalle\u00a0waar beeste of skape op uiters wrede maniere\u00a0doodgemaak word. Dit sluit in koeie wat\u00a0lewendig geslag word en lammers wat doodgeslaan\u00a0word deur hulle koppe teen rotse of\u00a0telefoonpale te breek.<\/p>\n<p>Slagoffers van sulke misdade kan, afgesien\u00a0van aanklagte van diefstal, ook \u2019n bykomende\u00a0klag van dieremishandeling l\u00ea kragtens die\u00a0Dierebeskermingswet (Wet 71 van 1962).<\/p>\n<p>Die wet stipuleer dat dit \u2019n misdryf is om:<\/p>\n<ul>\n<li>diere te verwaarloos, vertoorn of vermink<\/li>\n<li>diere in vuil of parasitiese toestande aan\u00a0te hou<\/li>\n<li>nie veeartshulp aan te bied of te verkry\u00a0indien nodig nie<\/li>\n<li>\u2019n dier nie uit te sit as dit onnodig ly nie<\/li>\n<li>enige dier op te sluit of te kniehalter wat\u00a0veroorsaak dat die dier ly<\/li>\n<li>\u2019n dier in toestande aan te hou sonder\u00a0die nodige beskutting, lig of ventilasie of\u00a0dit aan oormatige hitte, koue, son, re\u00ebn\u00a0en stof bloot te stel of sonder die nodige\u00a0voorsiening van voedsel of water<\/li>\n<li>\u2019n dier uit te lok, te terg of aan te hits om\u00a0\u2019n ander aan te val of om \u2019n dier aan te hou\u00a0met die doel om te baklei.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Enige persoon wat skuldig is aan s\u00f3 \u2019n misdryf,\u00a0kan by skuldigbevinding \u2019n boete of\u00a0gevangenisstraf vir \u2019n tydperk van\u00a0hoogstens 12 maande opgel\u00ea\u00a0word, of langer as sodanige\u00a0gevangenisstraf\u00a0sonder die\u00a0keuse van \u2019n boete\u00a0opgel\u00ea word.<\/p>\n<h3>Slagoffershandves<\/h3>\n<p>Die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad\u00a0in Suid-Afrika (Slagoffershandves) streef\u00a0na geregtigheid vir almal. Die Slagoffershandves\u00a0staan in die gees van die Grondwet\u00a0en die Verenigde Nasies se Deklarasie\u00a0van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir\u00a0Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik,\u00a01985 (GA\/RES\/40\/34).<\/p>\n<p>Sedert 1994, en in ooreenstemming\u00a0met die kweek van \u2019n menseregtekultuur,\u00a0het die fokus geleidelik verskuif van \u2019n\u00a0regstelsel waarin slagoffer en oortreder as\u00a0teenstanders te staan kom en die doelwit<br \/>\nvergelding is na \u2019n stelsel van herstellende\u00a0geregtigheid. Die kern van die konsep van\u00a0herstellende geregtigheid is die erkenning\u00a0van misdaad nie as bloot \u2019n oortreding teen\u00a0die staat nie, maar ook as \u2019n onregmatige\u00a0daad of onreg wat \u2019n ander persoon\u00a0aangedoen is.<\/p>\n<p>Die uiteindelike doelwit is om slagoffers\u00a0te bemagtig deur in hulle behoeftes te\u00a0voorsien, hetsy stoflik of emosioneel. Die\u00a0Slagoffershandves en die minimumstandaarde\u00a0verduidelik en konsolideer die regte en<br \/>\nverpligtinge met betrekking tot dienste van\u00a0toepassing op slagoffers en oorlewendes\u00a0van misdaad in Suid-Afrika. Dit is in\u00a0ooreenstemming met die bepalings van\u00a0artikel 234 van die Grondwet.<\/p>\n<p>As \u2019n misdaad gepleeg is en by die\u00a0SAPD aangemeld word, stel dit die\u00a0strafregstelsel in werking. Die SAPD moet\u00a0misdade ondersoek en oortreders aan die\u00a0man bring. Sodra \u2019n aanklag aanhangig\u00a0gemaak is, open die polisie \u2019n dossier en\u00a0ondersoek die aanklag. As die polisie nie\u00a0seker is of vervolging ingestel moet word\u00a0nie, sal \u2019n formele aanklag nie onmiddellik\u00a0ingebring word nie. Die polisie sal so \u2019n\u00a0saak eers ondersoek en die dossier aan die\u00a0staatsaanklaer voorl\u00ea vir \u2019n beslissing.<\/p>\n<p>Vanaf die oomblik dat \u2019n misdaad\u00a0gepleeg en aangemeld is, is dit belangrik\u00a0dat al die beskikbare bewyse versamel en\u00a0beskerm word op so \u2019n wyse dat dit sal\u00a0help met die ondersoek van die saak en die<br \/>\ndaaropvolgende verhoor. Beserings wat die\u00a0misdaadslagoffer opgedoen het of skade\u00a0wat hy of sy gely het, kan die getuienis teen\u00a0die beskuldigde staaf. \u2019n Mediese verslag\u00a0moet opgestel en voorgel\u00ea word, waar van\u00a0toepassing.<\/p>\n<p>Wanneer iemand aangekla\u00a0word, word\u00a0die saak na die hof verwys, waar die staatsaanklaer verantwoordelik vir die vervolging in die saak aanvaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Doel van minimumstandaarde<\/h4>\n<p>Die minimumstandaarde vir dienste vir\u00a0slagoffers van misdaad is \u2019n inligtingsdokument\u00a0wat slagoffers se regte soos vervat\u00a0in die Slagoffershandves verder verduidelik. \u00a0Dit verskaf inligting oor die regering\u00a0se verbintenis tot beter dienslewering aan\u00a0slagoffers van misdaad. Die standaarde\u00a0skets nie net basiese regte en beginsels nie,\u00a0maar verstrek ook gedetailleerde inligting\u00a0om misdaadslagoffers in staat te stel om<br \/>\nhulle regte uit te oefen en om diensverskaffers\u00a0te help om daardie regte te handhaaf.<\/p>\n<p>Die minimumstandaarde help om almal wat\u00a0by die strafregstelsel betrokke is, aanspreeklik\u00a0te hou om te verseker dat slagoffers gepaste\u00a0bystand en dienste ontvang.<\/p>\n<p>Wanneer iemand \u2019n misdaad aanmeld en\u00a0getuienis in die hof lewer, speel dit \u2019n deurslaggewende\u00a0rol om die strafregstelsel beter\u00a0op die behoeftes van die samelewing te laat\u00a0reageer en om te verseker dat oortreders\u00a0aan die man gebring word. Op sy beurt moet\u00a0die strafregstelsel vinnig en hoflik reageer,<br \/>\nklaers met respek vir hulle waardigheid en\u00a0privaatheid behandel en in hulle behoeftes\u00a0voorsien. Die minimumstandaarde is \u2019n\u00a0poging om te verseker dat dit gebeur, deur\u00a0mense te bemagtig en voldoende inligting te\u00a0verskaf sodat mense hulle regte kan uitoefen.<\/p>\n<p>\u2019n Misdaadslagoffer kan dus verwag\u00a0dat die rolspelers in die strafregstelsel sal\u00a0verseker dat die regte wat in die Slagoffershandves\u00a0uiteengesit is, afgedwing word.<\/p>\n<h4>Minimumstandaarde<\/h4>\n<p>Die minimumstandaarde vir dienste vir\u00a0slagoffers van misdaad sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>die reg om met billikheid en met respek\u00a0vir die slagoffer se waardigheid en\u00a0privaatheid behandel te word<\/li>\n<li>die reg om inligting aan te bied<\/li>\n<li>die reg om inligting te ontvang<\/li>\n<li>die reg op beskerming<\/li>\n<li>die reg op bystand<\/li>\n<li>die reg op vergoeding<\/li>\n<li>die reg op herstel.<\/li>\n<\/ul>\n<h4>Regte as \u2019n slagoffer van misdaad<\/h4>\n<p>Misdaadslagoffers se regte, soos vervat\u00a0in die Grondwet en relevante wetgewing,\u00a0moet soos volg in hulle kontak met die\u00a0strafregstelsel gehandhaaf word:<\/p>\n<h5>Die reg om met billikheid en met respek vir jou\u00a0waardigheid en privaatheid behandel te word<\/h5>\n<ul>\n<li>Jy het die reg om flink\u00a0en hoflik bedien te\u00a0word, met respek vir\u00a0jou waardigheid en\u00a0privaatheid, deur alle\u00a0lede van enige departement,\u00a0instelling,\u00a0agentskap\u00a0of organisasie wat regstreeks of onregstreeks\u00a0\u2019n diens aan jou lewer (hierna\u00a0diensverskaffers genoem).<\/li>\n<li>Die polisie, tydens ondersoeke, die aanklaers\u00a0en hofamptenare tydens voorbereiding\u00a0vir en gedurende die verhoor asook\u00a0alle ander diensverskaffers, moet jou\u00a0enige onnodige ongerief spaar deur onder\u00a0meer onderhoude met jou in jou voorkeurtaal\u00a0en, indien nodig, privaat te voer.<\/li>\n<li>Hierdie maatre\u00ebls sal verhoed dat jy aan\u00a0sekond\u00eare viktimisasie blootgestel word.<\/li>\n<\/ul>\n<h5>Die reg om inligting aan te bied<\/h5>\n<ul>\n<li>Jy het die reg om inligting tydens die\u00a0kriminele ondersoek en verhoor aan te\u00a0bied.<\/li>\n<li>Die polisie, aanklaer en korrektiewediensteamptenaar\u00a0moet verseker dat enigiets\u00a0wat jy tot die ondersoek, vervolging en\u00a0paroolverhoor wil bydra, aangehoor en\u00a0oorweeg word in die besluit of daar met\u00a0die ondersoek voortgegaan moet word, of\u00a0tydens die verloop van die vervolging of\u00a0paroolraadverhoor.<\/li>\n<li>Hierdie reg beteken dat jy kan deelneem\u00a0(indien nodig en waar moontlik) aan\u00a0strafregverrigtinge deur die borgtogverhoor,\u00a0die verhoor, vonnisoplegging en\/of\u00a0paroolraadverhoor by te woon.<\/li>\n<li>Dit beteken dat jy die geleentheid sal h\u00ea om\u00a0n\u00f3g \u2019n verklaring by die polisie af te l\u00ea as jy\u00a0meen dat jou eerste verklaring onvolledig\u00a0was; jy mag ook, waar toepaslik, \u2019n verklaring\u00a0voor die hof afl\u00ea of tydens vonnisverrigtinge\u00a0getuig om die hof se aandag op die erns van\u00a0die misdaad te vestig.<\/li>\n<li>Jy mag ook \u2019n skriftelike aansoek tot die\u00a0voorsitter van die paroolraad rig om die\u00a0paroolverhoor by te woon en skriftelike\u00a0verto\u00eb voor te l\u00ea.<\/li>\n<\/ul>\n<h5>Die reg om inligting te ontvang<\/h5>\n<ul>\n<li><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-479\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/hand-cuffed-276x300.jpg\" alt=\"hand cuffed\" width=\"182\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/hand-cuffed-276x300.jpg 276w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/hand-cuffed.jpg 389w\" sizes=\"(max-width: 182px) 100vw, 182px\" \/>Jy het die reg om ingelig te word oor jou\u00a0regte en hoe om dit uit te oefen.<\/li>\n<li>As deel van hierdie reg mag jy vra dat\u00a0enigiets wat jy nie verstaan nie, in jou eie\u00a0taal aan jou verduidelik word.<\/li>\n<li>Jy het die reg om inligting te ontvang en\u00a0ingelig te word oor alle \u00a0relevante dienste\u00a0wat diensverskaffers aan jou kan lewer.<\/li>\n<li>Jy sal oor jou rol in die saak ingelig\u00a0word en jy mag ook weet ongeveer hoe\u00a0lank die saak sal duur. Jy mag inligting\u00a0aanvra oor hofdatums, \u00a0getuiefooie en die\u00a0getuiebeskermingsprogram.<\/li>\n<li>Jy mag weet hoe die saak vorder, of die\u00a0oortreder in hegtenis geneem of aangekla\u00a0is, of borgtog toegestaan is, en of die\u00a0oortreder skuldig bevind of gevonnis is.<\/li>\n<li>Jy mag redes aanvra vir \u2019n besluit wat in jou\u00a0saak geneem is oor vervolging al dan nie.<\/li>\n<li>Jy is geregtig om dokumente te ontvang\u00a0waartoe jy regtens toegang mag h\u00ea.<\/li>\n<li>Jy mag versoek dat jy in kennis gestel\u00a0word van verrigtinge wat jy mag bywoon.<\/li>\n<li>Jy mag die aanklaer versoek om jou\u00a0werkgewer in kennis te stel van verrigtinge\u00a0wat jy in werkstyd moet bywoon.<\/li>\n<\/ul>\n<h5>Die reg op beskerming<\/h5>\n<ul>\n<li>Jy het die reg om vry te wees van intimidasie,\u00a0teistering, vrees, bemoeienis, omkopery,\u00a0korrupsie en mishandeling. As jy \u2019n getuie\u00a0is, moet jy enige sodanige bedreiging by die\u00a0polisie of senior aanklaer aanmeld.<\/li>\n<li>Mits jy aan sekere vereistes voldoen, sal\u00a0die polisie aansoek doen dat jy in \u2019n \u00a0getuiebeskermings-program\u00a0geplaas word.<\/li>\n<li>As di\u00e9 aansoek slaag, sal jy in \u2019n getuiebeskermingsprogram\u00a0opgeneem word\u00a0waar jy sover moontlik beskerm sal\u00a0word teen alle vorms van onbehoorlike\u00a0be\u00efnvloeding,\u00a0teistering of intimidasie.<\/li>\n<li>Dit sal jou veiligheid as getuie en die\u00a0beskikbaarheid van jou getuienis verseker,\u00a0en verhoed dat jy jou getuienis weerhou as\u00a0gevolg van onbehoorlike be\u00efnvloeding.<\/li>\n<li>Hierdie reg beteken ook dat die hof in\u00a0sekere omstandighede die publikasie van\u00a0enige inligting (waaronder jou identiteit)\u00a0mag verbied, of dat die hof gelas dat die\u00a0verhoor agter geslote deure (in camera)\u00a0plaasvind.<\/li>\n<li>Jy mag Korrektiewe Dienste versoek om\u00a0jou te verwittig as die oortreder ontsnap\u00a0het of oorgeplaas is.<\/li>\n<\/ul>\n<h5>Die reg op bystand<\/h5>\n<ul>\n<li>Jy het die reg om bystand aan te vra en,\u00a0waar toepaslik, toegang te kry tot beskikbare\u00a0maatskaplike, gesondheids- en\u00a0beradingsdienste\u00a0asook regshulp wat jou\u00a0behoeftes in aanmerking neem.<\/li>\n<li>Die polisie moet jou bystaan deur\u00a0polisieprosedures te verduidelik, jou oor\u00a0jou regte in te lig en jou na ander relevante\u00a0diensverskaffers te verwys.<\/li>\n<li>Die kantoorbestuurder of kantoorhoof by\u00a0die hof sal vir die dienste van \u2019n tolk re\u00ebl.<\/li>\n<li>Die aanklaer sal verseker dat spesiale maatre\u00ebls\u00a0met betrekking tot seksuele oortredings,\u00a0gesinsgeweld en kinderondersteuning\u00a0of onderhoudsake getref word en dat\u00a0sulke sake, indien moontlik, in gespesialiseerde\u00a0howe verhoor word.<\/li>\n<li>As jy spesiale behoeftes het, moet alle\u00a0diensverskaffers, binne hulle lynfunksie,\u00a0alle redelike stappe doen om jou tegemoet\u00a0te kom en te verseker dat jy op \u2019n sensitiewe\u00a0wyse behandel word.<\/li>\n<\/ul>\n<h3>Onbevredigende ondersoek<\/h3>\n<p>Al die departemente,\u00a0instellings en agentskappe\u00a0wat by die saak betrokke\u00a0is, poog om \u2019n ho\u00eb\u00a0standaard van diens te\u00a0verskaf, maar soms kan\u00a0dinge skeefloop. As dit\u00a0gebeur, wil die departemente, instellings en<br \/>\nagentskappe weet wat gebeur het.<\/p>\n<p>Sekere stappe kan gevolg word indien jy\u00a0tydens die ondersoek na die veediefstalinsident\u00a0ontevrede is met die SAPD oor<\/p>\n<ul>\n<li>die manier waarop jy behandel is<\/li>\n<li>die inligting wat jy ontvang het<\/li>\n<li>die besluite wat geneem is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dien \u2019n klagte oor \u2019n polisiebeampte of \u2019n\u00a0polisiediensbeleid, -praktyk of -prosedure\u00a0in deur aan die stasiekommissaris van die\u00a0betrokke polisiestasie te skryf.<\/p>\n<p>As die klagte handel oor eiendom wat\u00a0verlore geraak het of beskadig is terwyl dit\u00a0in die polisie se besit was, kan op vergoeding\u00a0aanspraak gemaak word. Rig enige navrae\u00a0aan die stasiekommissaris.<\/p>\n<p>Indien die probleem nie bevredigend\u00a0opgelos is nie, nader ook die areakommissaris\u00a0van die betrokke polisiestasie met\u00a0besonderhede van die eis.\u00a0As die klagte steeds nie bevredigend\u00a0hanteer word nie, skakel die Kantoor van\u00a0die Openbare Beskermer.<\/p>\n<p>As die klagte dan nog nie bevredigend\u00a0hanteer is nie, nader die Onafhanklike\u00a0Klagtedirektoraat , maar let daarop\u00a0dat di\u00e9 kantoor net genader kan word\u00a0oor klagtes rakende gevalle van beweerde\u00a0misdadige optrede of wangedrag deur lede\u00a0van die Metropolisiediens en lede van die\u00a0SAPD wat versuim het om hulle pligte te\u00a0verrig.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bewaring van toneel en bewyse Die toneel van die misdaad is \u2019n waardevolle\u00a0bron van bewyse en vee-eienaars moet weet\u00a0hoe om die misdaadtoneel en bewyse te\u00a0hanteer. Bewysstukke kan die volgende insluit: karkasse voertuie vuurwapens bronne van DNS soos\u00a0bloed, bloedvlekke, hare,\u00a0vleis of ander weefsel vingerafdrukke voetspore inbraaktoerusting klere Die Veediefstaleenheid stel die volgende\u00a0voor wanneer \u2019n boer besef [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-439","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/439","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=439"}],"version-history":[{"count":21,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/439\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":483,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/439\/revisions\/483"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=439"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}