{"id":540,"date":"2016-08-07T13:13:23","date_gmt":"2016-08-07T12:13:23","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=540"},"modified":"2016-08-07T13:48:13","modified_gmt":"2016-08-07T12:48:13","slug":"onwettige-jag-met-honde","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/onwettige-jag-met-honde\/","title":{"rendered":"Onwettige jag met honde"},"content":{"rendered":"<h2>Onwettige jag met honde<\/h2>\n<p>Onwettige jag met honde kom al hoe meer\u00a0voor. Onwettige jagters betree eiendom en\u00a0beskadig heinings en hul honde val vee sowel\u00a0as wild aan. Grondeienaars is gefrustreerd\u00a0omdat hulle sukkel om sulke oortreders\u00a0aan die pen te laat ry. Grondeienaars en\u00a0jagters is nie vertroud met die regte van\u00a0grondeienaars nie.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-300\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dogs-300x216.jpg\" alt=\"dogs\" width=\"247\" height=\"178\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dogs-300x216.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/dogs.jpg 366w\" sizes=\"(max-width: 247px) 100vw, 247px\" \/>Dit wil voorkom asof die polisie ook nie\u00a0altyd op hoogte van die\u00a0wetgewing is nie. Veral die\u00a0Omheiningswet (Wet 31\u00a0van 1963) en onwettige betreding\u00a0is ter sprake. Omdat\u00a0die polisie nie die regte\u00a0van \u2019n grondeienaar ken\u00a0nie, kan hulle nie bepaal of\u00a0\u2019n oortreding begaan word\u00a0wanneer persone sonder\u00a0toestemming met honde\u00a0jag nie. Dit word vererger\u00a0deurdat aanklaers en landdroste skynbaar<br \/>\nook nie met grondeienaars se regte vertroud\u00a0is nie.<\/p>\n<p>Onwettige jagtogte vind gewoonlik plaas\u00a0op private eiendom, spesifiek wanneer\u00a0die grondeienaar weg is. Dit kan dui op\u00a0betrokkenheid van werknemers. In baie\u00a0gevalle word die veld vooraf gebrand sodat\u00a0dit oop is. Wanneer die gras weer begin\u00a0groei, word diere soontoe gelok en is hulle\u00a0maklike prooi vir jag met honde.<\/p>\n<p>Grondeienaars wat kla of teen onwettige\u00a0jagters optree, word geviktimiseer. Hul\u00a0weiding word ook jaarliks afgebrand sodat\u00a0hulle nie weiding vir hul vee het nie. \u00a0Tradisionele jag mag wel plaasvind wanneer\u00a0die nodige toestemming verleen is en\u00a0beheer uitgeoefen word. Jagters met honde\u00a0mag egter nie op \u2019n plaas opdaag en vir die\u00a0pot jag nie.<\/p>\n<p>Ook sogenaamde taxi-jag, wat op \u2019n georganiseerde\u00a0grondslag\u00a0plaasvind, is onwettig.\u00a0In di\u00e9 gevalle word tot\u00a060 honde met taxi\u2019s\u00a0aangery om saam met\u00a0jagters wild en lewende\u00a0hawe te stroop. Dobbelary\u00a0is die hoofmotivering\u00a0agter onwettige\u00a0jag met honde. Die\u00a0eienaar van die hond\u00a0wat die eerste dier plattrek,\u00a0is die wenner. Die\u00a0honde is egter nie selektief\u00a0wanneer hulle jag\u00a0nie en bedreigde spesies\u00a0bly dikwels in die slag.<\/p>\n<p>Indien \u2019n grondeienaar &#8216;n bewys het\u00a0van onwettige jag op sy grond, kan hy die\u00a0oortreders laat aankeer. <img decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-304\" src=\"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/huntinh-with-dogs-300x230.jpg\" alt=\"huntinh with dogs\" width=\"232\" height=\"178\" srcset=\"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/huntinh-with-dogs-300x230.jpg 300w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/huntinh-with-dogs-450x345.jpg 450w, https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/huntinh-with-dogs.jpg 478w\" sizes=\"(max-width: 232px) 100vw, 232px\" \/>Sulke eienaars\u00a0moet soveel moontlik bewyse soos foto&#8217;s\u00a0en verklarings van getuies kry, ten einde\u00a0die arrestasies te regverdig en vervolging\u00a0te verseker. Die distrikbewaringsbeamptes\u00a0kan ook gekontak word vir hulp. Waar\u00a0grondeienaars die jagters op heterdaad\u00a0betrap, is hulle dikwels in die minderheid en<br \/>\nis dit onwaarskynlik dat die grondeienaar\u00a0die jagters sal arresteer. Indien die polisie\u00a0ontbied word, het die jagters en hul honde\u00a0reeds gevlug wanneer die polisie by die\u00a0toneel opdaag.<\/p>\n<p>Onwettige jag met honde kom neer op\u00a0vee- en wilddiefstal, wat deur die howe as\u00a0\u2019n ernstige oortreding beskou word. Dien \u2019n\u00a0formele klag by die SAPD in, maar kry alle\u00a0bewyse agtermekaar om die SAPD en die\u00a0aanklaer te oortuig om aan te kla.<\/p>\n<p>Die wetgewing wat van toepassing is\u00a0op die onwettige jag met honde is dikwels\u00a0moeilik om te interpreteer. \u00a0Die belangrikste\u00a0boodskap is egter dat jag met honde en\u00a0oortreding op private eiendom onwettig is\u00a0en oortreders vervolg kan word.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onwettige jag met honde Onwettige jag met honde kom al hoe meer\u00a0voor. Onwettige jagters betree eiendom en\u00a0beskadig heinings en hul honde val vee sowel\u00a0as wild aan. Grondeienaars is gefrustreerd\u00a0omdat hulle sukkel om sulke oortreders\u00a0aan die pen te laat ry. Grondeienaars en\u00a0jagters is nie vertroud met die regte van\u00a0grondeienaars nie. Dit wil voorkom asof die polisie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-540","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=540"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/540\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":565,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/540\/revisions\/565"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}