{"id":93,"date":"2016-07-31T09:00:55","date_gmt":"2016-07-31T08:00:55","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?page_id=93"},"modified":"2024-08-13T13:39:03","modified_gmt":"2024-08-13T12:39:03","slug":"identification-of-animals","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/merk-van-diere\/identification-of-animals\/","title":{"rendered":"Identifikasie van diere"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"93\" class=\"elementor elementor-93\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8f8de19 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8f8de19\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-235cb3c\" data-id=\"235cb3c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-b9e4202 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"b9e4202\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2>Identifikasie van diere<\/h2><p>\u2019n Wettige, permanente merk is die eerste verdedigingslinie teen veediefstal. In Suid Afrika maak wetgewing voorsiening vir \u2019n doeltreffende diere-identifikasiestelsel.<\/p><p>Die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002), maak die merk van vee verpligtend.\nDit help die bedryf en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om veediefstal te bestry en om gesteelde vee makliker te kan terugvind. Dit blyk egter dat die meeste persone en instansies wat in vee handel dryf, nie die bepalings van die betrokke wetgewing nakom nie en dus nie voldoen aan die basiese vereistes om veediefstal te bekamp nie.<\/p><p>Baie hofsake oor veediefstal moet geskrap word weens geskille oor die positiewe identifikasie van gesteelde vee en omdat eienaarskap nie bewys kan word nie. As \u2019n dier met \u2019n geregistreerde merk of tatoe\u00ebermerk gemerk is, kan sulke geskille vermy word.<\/p><p>Warmysterbrandmerke vir beeste en tatoe\u00ebermerke vir kleinvee bly die mees kostedoeltreffende maniere om hierdie groepe diere te merk.<\/p><p>Die Wet op die Identifikasie van Diere vervang die Wet op Veebrandmerke (Wet 87 van 1962). Die nuwe wet bestuur die nasionale register vir diere-identifikasiemerke, wat dien as \u2019n versterkte verdedigingslinie teen veediefstal, die identifisering van e i e n d o m vergemaklik en opspoorbaarheid bevorder.<\/p><h3>Die diere-identifikasiestelsel<\/h3><p>Die diere-identifikasiestelsel (AIS) is die nasionale register van diere-identifikasiemerke in Suid-Afrika. In hierdie stadium het slegs die SAPD toegang tot die stelsel. AIS is \u2019n uiters gebruikersvriendelike stelsel wat deur enige beampte gebruik kan word na \u2019n kort opleidingstydperk.<\/p><p><strong>Toepassing van die wet (artikel 2)<\/strong><\/p><p>Hierdie wet is van toepassing \u2013\n(a) ten opsigte van die diere wat deur die minister by kennisgewing in die Staatskoerant\nverklaar is; en<br \/>(b) op die hele nasionale grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika.<\/p><p><strong>Toepassing van die Wet<\/strong><br \/>(artikel 2)<\/p><p>Die wet is landswyd van toepassing en dit is verpligtend om alle beeste, skape, bokke en varke te merk. Daar is heelwat voordele van wettige merke:<\/p><ul><li>fisiese afskrikmiddel \u2013 veediewe is meer geneig om ongemerkte diere te steel<\/li><li>positiewe identifikasie<\/li><li>positiewe bewys van eienaarskap<\/li><li>doeltreffender polisi\u00ebring<\/li><li>ho\u00ebr herwinningspersentasie<\/li><li>maak opsporing moontlik.<\/li><\/ul><p><strong>Wat is \u2019n identifikasiemerk?<\/strong><br \/>(artikel 4)<\/p><p>Die minister moet identifikasiemerke voorskryf ten opsigte van elke groep diere waaraan merke ingevolge artikel 5 toegeken kan word.<\/p><p>\u2019n Identifikasiemerk is enige geregistreerde merk wat op \u2019n dier aangebring word vir watter doel ook al en wat deur die minister voorgeskryf word.<\/p><p>Die volgende merke is uitsonderings:<\/p><ul><li>\u2019n merk aan \u2019n hoef of horing<\/li><li>\u2019n verfmerk<\/li><li>\u2019n knip, klinknael of plaatjie wat aan die oor aangebring is<\/li><li>\u2019n keep of gat.<\/li><\/ul><p><strong>Hoe om \u2019n identifikasiemerk te registreer<\/strong><br \/>(artikel 5)<\/p><p>\u2019n Aansoek om registrasie van \u2019n identifikasiemerk moet by die registrateur gedoen word op die voorgeskrewe wyse en moet vergesel word van die voorgeskrewe geld. Indien die aansoek voldoen aan die vereistes van hierdie wet moet die registrateur \u2013<br \/>(a) \u2019n identifikasiemerk aan die applikant toeken<br \/>(b) die identifikasiemerk in die applikant se naam registreer, en<br \/>(c) aan die applikant \u2019n registrasiesertifikaat van daardie identifikasiemerk uitreik.<\/p><ul><li>Alle eienaars moet aansoek doen om \u2019n geregistreerde identifikasiemerk.<\/li><li>Vorms is verkrygbaar vanaf voorligtings kantore, landdroskantore, veediefstaleenhede van die SAPD of by die registrateur van identifikasiemerke.<\/li><li>\u2019n Eenmalige registrasiefooi is betaalbaar \u2013 koop inkomstese\u00ebls by die Poskantoor om te betaal vir die registrasie en plak dit aan die onderkant van die vorm waar aangedui.<\/li><\/ul><p>Adresseer die koevert aan:<br \/>Die Registrateur: Diere-identifikasie,<br \/>Privaatsak X138<br \/>Pretoria<br \/>0001<\/p><p>Alle identifikasiemerke moet geregistreer word.<\/p><ul><li>Die registrasie word op die nasionale register van diere-identifikasiemerke geplaas.<\/li><li>Dit kan tot twee weke duur om \u2019n identifikasiemerk te registreer.<\/li><\/ul><p><strong>Oordrag van identifikasiemerk<\/strong><br \/>(artikel 9)<\/p><p>\u2019n Eienaar van \u2019n dier kan op die voorgeskrewe wyse by die registrateur aansoek doen om die oordrag van die registrasie van \u2019n identifikasiemerk vanaf die naam van enige ander persoon na sy of haar naam.<\/p><p>\u2019n Diere-identifikasiemerk kan van een veeeienaar aan \u2019n ander oorgedra word. Om dit te doen, moet die nuwe eienaar aansoek doen om die oordrag van die betrokke diere-identifikasiemerk by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.<\/p><p>In die geval van die dood van die wettige eienaar kan die identifikasiemerk oorgedra word as die eksekuteur van die boedel toestemming gee vir die oordrag. As daar nie \u2019n eksekuteur is nie, kan die nuwe eienaar \u2019n kopie van die doodsertifikaat en \u2019n magtigingsbrief uitgereik deur die hooggeregshof verskaf wat verklaar dat die nuwe eienaar wel die wettige eienaar van die diere is.<\/p><p>Volg dan dieselfde prosedure soos vir die registrasie van \u2019n diere-identifikasiemerk.<\/p><p>'n Eienaar wat 'n dier wil verkoop, ruil of weggee na 14 dae nadat hy die eienaar van sodanige dier geword het, moet die dier met sy of haar eie merk merk voordat dit weggedoen word. Die eienaar moet ook die nuwe eienaar van 'n dokument van identifikasie voorsien. Die nuwe eienaar moet die dokument van identifikasie vir 'n tydperk van een jaar bewaar.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Identification of animals A legitimate permanent mark is the first line of defense against stock theft. In South Africa the law provides for an effective animal identification system. The Animal Identification Act (Act 6 of 2002) renders the marking of stock compulsory. The is helps the industry and the South African Police Service (SAPS) to [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":30,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"class_list":["post-93","page","type-page","status-publish","hentry","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/93","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/93\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1150,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/93\/revisions\/1150"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/30"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}