{"id":350,"date":"2016-08-05T06:18:51","date_gmt":"2016-08-05T05:18:51","guid":{"rendered":"http:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/?p=350"},"modified":"2016-08-05T06:18:51","modified_gmt":"2016-08-05T05:18:51","slug":"meld-veediefstalsake-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/meld-veediefstalsake-aan\/","title":{"rendered":"Meld veediefstalsake aan"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<div class=\"big-preview single-big\"><strong><u>NUUSVRYSTELLING<\/u><\/strong><\/div>\n<div class=\"entry-content\">\n<p>(vir onmiddellike vrystelling)<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><strong>NASIONALE VEEDIEFSTALVOORKOMINGSFORUM DOEN \u2018N\u00a0<\/strong><strong>\u00a0<\/strong><strong>BEROEP OP PRODUSENTE<br \/>\nOM VEEDIEFSTALSAKE AAN TE MELD<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) was die afgelope tyd betrokke by baie vergaderings regoor die land en dit is duidelik dat die statistieke oor die nie-aanmelding van veediefstalsake nie oordryf word nie. Daar is \u2018n groot toename in veediefstal.<\/p>\n<p>Statistieke Suid-Afrika het aangedui dat 36.3% van veediefstalsake in 2011 nie deur die slagoffers aangemeld is nie. Di\u00e9 syfer het in 2012 na 40,1% gestyg en in 2013 het dit drasties gestyg tot 63%. Die verskynsel is nie in die 2014 <em>slagoffers van misdaad opname<\/em> ge\u00ebvalueer nie, maar<em>Lombaard (2014)<\/em> het bevind dat 75% van skaapdiefstalsake in die Vrystaat nie aangemeld word nie. Selfs di\u00e9 syfers word bevraagteken, aangesien inligting wat deur die provinsies verskaf is, daarop dui dat die nie-aanmelding van veediefstalsake in so \u2018n mate toeneem dat dit\u00a0 in sommige distrikte so hoog as tussen 80% en 85% is. Statistieke Suid-Afrika het in 2015 bevestig dat die nie-aanmeldingskoers tot 67,7% gestyg het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 statistieke is aan alle rolspelers in die bedryf beskikbaar gestel en \u2018n pleidooi is gelewer vir die aanmelding van veediefstalsake. Daar word sedert Mei 2016 opgemerk dat die aantal veediefstalsake konstant styg en dit is twyfelagtig of meer veediefstalsake aangemeld word en of meer veediefstalmisdade gepleeg word.<\/p>\n<p>Sedert Mei 2016 was baie veeprodusente in die veediefstalbrandpunte die slagoffers van hierdie misdaad. Die gebiede wat tans geteiken word, is die Gauteng Provinsie met spesifieke verwysing na Nigel, Devon, Heildelberg, Vereeniging, Barrage en Fochville. In die Noordwes Provinsie word gebiede soos Lindequedrift, Potchefstroom en Ventersdorp geteiken en in die Vrystaat Provinsie word Heilbron,\u00a0 Edenville, Koppies, Kroonstad en Parys geteiken. Dit is glad nie vreemd om te sien dat groot getalle skape en beeste by produsente gesteel word nie, bv\u00a0 45 skape in Edenville en 35 skape in Nigel\/Devon.\u00a0 In die Nigel\/Devon-gebiede word daar snags tussen 3 tot 12 beeste geslag en in die weste van Gauteng en die Noordwes Provinsie, is dit nie vreemd dat beeste gesteel word en oor groot afstande vervoer word nie.<\/p>\n<p>Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum doen \u2018n beroep op veeprodusente om aan al die betrokke wetgewing te voldoen en hul vee gereeld te tel. In die brandpunt-gebiede moet vee selfs meer as een keer per dag getel word. Meld asseblief alle veediefstalsake onmiddellik by die naaste polisiekantoor aan.<\/p>\n<p><strong>\u2013 ooo O ooo \u2013<\/strong><\/p>\n<p>27 Julie 2016<\/p>\n<p><strong><u>Navrae<\/u><\/strong><\/p>\n<p><strong>Mnr Willie Clack \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Mnr Gerhard Schutte<\/strong><\/p>\n<p><strong>Voorsitter \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 HUB<\/strong><\/p>\n<p><strong>Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0Rooivleis Produsente Org.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Sel : 082 574 2653 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0Sel : 082 556 7296<\/strong><\/p>\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; NUUSVRYSTELLING (vir onmiddellike vrystelling) \u00a0NASIONALE VEEDIEFSTALVOORKOMINGSFORUM DOEN \u2018N\u00a0\u00a0BEROEP OP PRODUSENTE OM VEEDIEFSTALSAKE AAN TE MELD \u00a0Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) was die afgelope tyd betrokke by baie vergaderings regoor die land en dit is duidelik dat die statistieke oor die nie-aanmelding van veediefstalsake nie oordryf word nie. Daar is \u2018n groot toename in veediefstal. Statistieke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-350","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-news","entry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/350","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=350"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/350\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":351,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/350\/revisions\/351"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stocktheftprevent.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}