Verkoop en herverkoop van diere
Identifikasie van diere (artikel 6)
Die bepalings van artikel 6 van die Wet op Veediefstal en artikel 7(2) van die Wet op die Identifikasie van Diere (verwys na hoofstuk 1, bl 15) geld hier. Die bepalings van die twee artikels moet saamgelees word en vul mekaar aan by enige koop- en verkooptransaksie.
Wet op Veediefstal [artikel 6(1)]
Enige persoon (met inbegrip van ’n afslaer, agent of markmeester) wat vee aan iemand anders verkoop, verruil, gee of op ’n ander wyse van die hand sit, moet ten tyde van die aflewering aan daardie ander persoon van die vee aldus verkoop, verruil, gegee of van die hand gesit, aan daardie ander persoon ’n
dokument (hieronder ’n dokument van identifikasie genoem) verstrek.
- Artikel 6 reguleer die identifikasiedokument wat deur die verkoper van vee verstrek moet word.
- Die meeste transaksies vind plaas by lewendehawe-veilings, maar dit is ook van toepassing waar vee uit die hand verkoop word.
- Die wet sonder niemand uit nie. Almal is ingesluit – afslaers, agente, voerkraalpersoneel en die markmeester.
Vereistes waaraan identifikasiedokument moet voldoen [artikel 6(1)(a)]
’n Identifikasiedokument moet die volgende inligting bevat:
- Volle naam en adres van die eienaar van die vee.
- Indien die vee namens iemand anders verkoop, verruil, gegee of van die hand gesit word, moet die naam en adres van daardie ander persoon verskaf word.
- Volle naam en adres van die persoon aan wie die vee verkoop, verruil, gegee of van die hand gesit word.
- Datum waarop die vee verkoop, verruil, gegee of van die hand gesit is.
- Daar moet gesertifiseer word dat bedoelde vee die betrokke persoon se eiendom is of dat hy of sy behoorlik deur die eienaar van die vee gemagtig is om daaroor te beskik.
- Die verkoper mag nie net mondeling aanvoer dat daar oor magtiging beskik word om die vee te verhandel nie. Magtiging moet eksplisiet en op skrif en in die persoon se besit wees.
- Die datum van die magtiging moet resent wees. ’n Magtiging wat verouderd is, mag nie aangebied word nie.
Ingevolge die Wet op Veediefstal moet so ’n identifikasiedokument die volgende besonderhede van die vee bevat:
- die ras of tipe vee
- die aantal verkoop
- die brandmerk, tatoeëermerk of enige ander identifikasiemerk
- die geslag, getal en kleur van die vee indien die vee nie op die voorgeskrewe wyse gemerk is nie, of die merk nie geregistreer is kragtens enige wetgewing nie.
Die vergunning ten opsigte van ongemerkte vee is slegs van toepassing as die betrokke vee ingevolge die Wet op die Identifikasie van Diere nie gemerk hoef te wees nie.
Verpligting op persoon wat vee ontvang [artikel 6(2)]
Die persoon wat die vee verkry, mag nie die vee ontvang sonder om die identifikasiedokument ten tyde van die aflewering te verkry nie. Indien iemand die vee ontvang sonder die dokument, is so ’n persoon aan ’n misdryf skuldig.
Bewaring van identifikasiedokument
Die persoon aan wie ’n identifikasiedokument uitgereik is, moet daardie dokument vir ’n tydperk van minstens een jaar behou. Indien iemand dit binne die tydperk van een jaar wil sien, moet die besitter van die identifikasiedokument dit ter insae beskikbaar stel of voorlê aan die persoon wat dit eis.
Wie het almal ’n verpligting?
Wet op Veediefstal (artikel 6)
Iemand wat aan ’n afslaer, agent of markmeester vee lewer om te verkoop of op ’n ander wyse van die hand gesit te word, word, by die toepassing van hierdie artikel, geag daardie vee aan bedoelde afslaer, agent of markmeester van die hand te gesit het.
Iemand wat vee aan ’n afslaer lewer om dit te verkoop of andersins van die hand te sit, moet ’n identifikasiedokument aan sodanige afslaer, agent of markmeester verskaf. In wese beteken dit dat die eienaarskap indirek oorgaan na die afslaer, agent of markmeester; as sodanig is die afslaer, agent of markmeester dan daarvoor verantwoordelik om ’n identifikasiedokument aan die nuwe eienaar uit te reik.
Oortredings ingevolge artikel 6
Enige persoon wat ’n bepaling van die wet oortree, versuim om die dokument op versoek beskikbaar te stel of opsetlik valse inligting in die identifikasiedokument verstrek, is aan ’n misdryf skuldig.
Om die belangrikheid van die toepassing van artikel 6 te demonstreer, word die volgende bevindinge aangehaal uit die saak Crots v Pretorius (A61/2008) [2008] ZAFSHC 146 (29 November 2008):
“Alhoewel respondent ’n ervare veespekulant is, het hy geen voorskrif van die Wet op Veediefstal, no 57 van 1959 met betrekking tot voorgeskrewe dokumente vir ’n veetransaksie, nagekom nie:
“Hy het aflewering van die vee wat hy aangekoop het, aanvaar sonder dat hy in besit geplaas is van ’n identifikasiedokument wat deur die eienaar van die vee uitgereik is en waarin die identiteit van die eienaar, die vee, die koper en besonderhede van die veetransaksie vermeld word; en het dus die
bepalings van artikel 6(2) gelees met artikel 6(1) van die Veediefstalwet oortree;
“Hy het die vee aan Country Meat Slagpale verkoop, gelewer en laat slag sonder om ten tyde van die aflewering van die vee ’n identifikasiedokument te verstrek en het dus die bepalings van artikel 6(1) van die Veediefstalwet oortree”.
Herverkoop van vee Wet op die Identifikasie van Diere [artikel 7(2)]
Niemand mag –
(a) binne 14 dae na die datum waarop hy of sy die eienaar word van ‘n dier met ‘n identifikasiemerk, daardie dier verkoop, ruil, weggee of op enige ander wyse daaroor beskik aan ‘n ander persoon nie, tensy hy of sy aan die persoon wat daardie dier verkry ‘n identifikasiedokument verskaf; of
(b) na 14 dae vanaf die datum waarop hy of sy die eienaar van ’n dier word, daardie dier verkoop, ruil,
weggee of op enige ander wyse daaroor beskik nie, tensy –
(i) sodanige dier op die voorgeskrewe wyse gemerk is met die identifikasiemerk van die eienaar wat daardie dier van die hand sit; en
(ii) hy of sy aan die persoon wat daardie dier verkry ’n identifikasiedokument verskaf.
- Enige eienaar van ’n dier met ’n identifikasiemerk wat die dier binne 14 dae nadat die persoon die eienaar geword het, wil verkoop, ruil of weggee, moet die nuwe eienaar van ’n identifikasiedokument voorsien.
- Dit beteken dat die dier binne 14 dae weggemaak kan word sonder dat dit met die nuwe eienaar se merk gemerk is, omdat dit reeds die vorige eienaar se merk op het en ’n identifikasiedokument uitgereik is.
- Iemand wat ’n dier ná 14 dae nadat dié persoon die eienaar van so ’n dier geword het, wil verkoop, ruil of weggee, moet hulle eie merk op die dier aanbring voordat hulle daarvan ontslae raak.
- Die eienaar moet ook die nuwe eienaar van ’n identifikasiedokument voorsien, wat die nuwe eienaar vir ’n periode van een jaar moet hou.
- Daar kan nie ná 14 dae van só ’n dier ontslae geraak word sonder dat die nuwe eienaar se identifikasiemerk op die dier aangebring is en ’n identifikasiedokument uitgereik is nie.
Van wie mag vee aangekoop word?
Wet op Veediefstal (artikel 7)
Verkryging van vee of produkte van persone wie se woonplekke onbekend is.
Iemand wat op enige wyse (behalwe by ’n openbare verkoping) vee of produkte verkry of in sy besit ontvang, of ’n afslaer, agent of markmeester wat vee of produkte vir verkoop in sy besit ontvang, van enige persoon wat nie ’n bekende woonplek het nie, sonder om ten tyde van die lewering aan hom van daardie vee of produkte ’n sertifikaat, binne 30 dae voor die lewering uitgereik, te verkry.
- Hierdie artikel van die Wet op Veediefstal maak dit duidelik dat indien vee op enige manier verhandel word, die aankoper moet verseker dat die woonadres van die verkoper bekend is.
- Die bepaling is nie van toepassing indien vee by ’n openbare veiling aangekoop is nie. Die rede vir hierdie bepaling is dat die afslaer of agent reeds moes verseker het dat bewys van die persoon se woonadres verskaf is.
- Die wet verduidelik al die vereistes waaraan hierdie bewys van adres moet voldoen, ook in die geval van persone wat in kommunale gebiede woonagtig is.
Verwyderingsertifikaat
Artikel 8 reguleer die dryf, vervoer of transportering van vee of produkte op of langs openbare paaie.
Niemand mag vee of produkte waarvan hy nie die eienaar is nie, op of langs ’n publieke pad dryf, vervoer of transporteer nie tensy hy in besit is van ’n sertifikaat (hieronder ’n verwyderingsertifikaat genoem) wat deur die eienaar van daardie vee of produkte of die behoorlik gemagtigde agent van die eienaar aan hom uitgereik is.
Niemand mag enige vee of produkte wat nie aan hulle behoort, op of langs enige openbare pad aanjaag, aanry of vervoer sonder ’n verwyderingsertifikaat wat aan hulle uitgereik is deur die eienaar van die vee of produkte of die behoorlik gemagtigde agent van die eienaar nie.
Eienaar van vee Eienaar beteken ook iemand wat vee of produkte verkry het uit ’n koopooreenkoms,
maar wat nie die eienaar van daardie vee of produkte word bloot omdat dit aan hulle gelewer is nie.
Vereistes waaraan verwyderingsertifikaat moet voldoen [artikel 8(1)(c)]
Die verwyderingsertifikaat moet die volgende inligting bevat:
- naam en adres van persoon wat die sertifikaat uitgereik het ’n identifikasiedokument voorsien, wat die nuwe eienaar vir ’n periode van een jaar moet hou.

- naam en adres van persoon wat die sertifikaat uitgereik het naam en adres van eienaar van die vee of produkte
- plek waarvandaan en plek waarheen daardie vee of produkte gedryf, vervoer of getransporteer word
- naam van drywer, vervoerder of transporteerder
- datum van uitreiking van sertifikaat en indien van toepassing, die registrasienommer, model en fabrikaat van die voertuig waarmee die vee of produkte vervoer of getransporteer word.
Ingevolge die Wet op Veediefstal moet so ’n verwyderingsertifikaat in die praktyk die volgende besonderhede van die vee bevat:
- die ras of tipe vee
- die aantal van die hand gesit en die brandmerk, tatoeëermerk of enige ander identifikasiemerk
- die geslag, aantal en kleur van die vee indien dit nie op die voorgeskrewe wyse gemerk is nie of die merk nie geregistreer is kragtens enige wetgewing nie.
Uitsonderings
Die bepalings is nie van toepassing op vee of produkte wat met die toestemming van die eienaar daarvan of ’n behoorlik gemagtigde agent aangejaag of vervoer word op of langs ’n deel van ’n openbare pad wat gaan oor grond wat aan die eienaar of agent behoort of wat deur dié persoon geokkupeer word nie.
’n Eienaar van vee of produkte mag nie ’n ander persoon toelaat om vee of produkte op of langs ’n openbare pad te laat aanjaag of vervoer sonder om aan dié persoon ’n verwyderingsertifikaat te verskaf nie.
Bewaring en beskikbaarstelling van verwyderingsertifikaat
Die persoon aan wie so ’n verwyderingsertifikaat uitgereik is, moet daardie dokument vir ’n tydperk van minstens een jaar in besit hou. Die besitter van so ’n dokument moet dit binne die eenjaartydperk op versoek ter insae beskikbaar stel of voorlê aan die persoon wat dit eis.
Oortredings ingevolge artikel 8
Iemand wat vee sonder ’n verwyderingsertifikaat dryf of vervoer, asook die eienaar wat dit toelaat, pleeg ’n misdryf.
Enige persoon wat ’n bepaling van die wet oortree, versuim om die verwyderingsertifikaat op versoek beskikbaar te stel, opsetlik vals inligting in die verwyderingsertifikaat verstrek of valslik verklaar dat hulle die eienaar is van vee of produkte wat hulle op of langs ’n publieke pad dryf, vervoer of transporteer, is aan ’n misdryf skuldig.
Samevatting
Die bepalings van artikels 6 en 8 van die Wet op Veediefstal het ’n bepaalde doelwit in die rooivleisbedryf,
naamlik om veediefstal te verminder en tot die minimum te beperk. Die wet is egter nie beperk tot hierdie twee artikels nie en produsente word aangeraai om dit in geheel te bestudeer, insluitend die artikels wat handel oor aspekte soos betreding.
Laai u verwyderingssertifikaat voorbeeld HIER af