Wet op die Aanpassing van Boetes

Verskeie van die ouer stelle wetgewing se strafbepalings met betrekking tot boetevonisse is nog nooit hersien of aangepas om tred te hou met die huidige ekonomiese klimaat nie. Sommige boetes wat voorgeskryf word, is totaal onvanpas en pas nie aan by die erns van die misdryf nie.

Met die toepassing van die bepalings van die Wet op die Aanpassing van Boetes (Wet 101 van 1991) kan ’n regter of landdros in strafregtelike sake ‘n swaarder boetevonnis oplê as wat byvoorbeeld deur die betrokke wet ingevolge waarvan die beskuldigde vervolg word, voorgeskryf word.