Sosiale media is die spreekbuis waarna mense hulle wend wanneer dit blyk asof niemand wil luister nie. Dit raak ‘n tendens waar die wêreld die ’’gehoor” word vir die ongeregtigheid wat aangespreek moet word. Hierdie media kan as deel van jou kommunikasie jou vriend wees, maar wees versigtig dat dit nie jou grootste vyand word nie. Die druk van ‘n vinger op die slimfoon of rekenaar se sleutelbord kan skielik vir jou die binnekant van die tronkdeure oopsluit. In die verlede het woorde op papier inderdaad al menige outeur met eier op die gesig gelaat.