Tydens die voorlegging van misdaadstatistieke op 13 November 2020 het die Minister van Polisie, mnr Bheki Cele vir die eerste keer erken dat veediefstal ‘n ernstige
misdaad is. Die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum verwelkom dié erkenning.
Veediefstal het ‘n ekonomiese impak van R1,4 biljoen op die landbousektor en elke geval wat aangemeld word, is een te veel. Die Nasionale Veediefstal
Voorkomingsforum (NVVF) sal veediefstal altyd as ‘n ernstige misdaad beskou – ongeag afnames of stygings in die aantal sake wat aangemeld word. Dit het ‘n ernstige
emosionele en ekonomiese impak op vee-eienaars, daarom word die huidige prentjie gedeel.