Merk

Die toename in veediefstal kan in baie gevalle toegeskryf word aan die feit dat vee nie behoorlik gemerk is nie. Voerkrale, boere, spekulante, afslaers, abattoirs en kopers op veilings kan wetend of onwetend ontvangers van gesteelde vee wees. Hulle oortree dan die wet en kan swaar beboet of vervolg word.