Strafregstelsel

Die strafregstelsel is 'n stel reëls en prosedures wat die hele proses van strafregtelike vervolging reguleer. Dit reguleer onder meer arrestasie, borgtog, die verhoor, vonnis en appèl. Die hoofbron van die Suid-Afrikaanse strafprosesreg is die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.  Die Grondwet bevat ook belangrike beginsels van die strafprosedure, spesifiek in die Handves van Regte. Verskans in die Handves van Regte is byvoorbeeld elke beskuldigde se reg op 'n regverdige verhoor.